Fietsryklub kry nodige steun
TYDENS verlede jaar se The Namibian Pick ’n Pay Cycle Classic en Tour de Windhoek het Frank Snyman van Maxes Office Machines Toshiba Namibia ’n ontwikkelingsfonds in die lewe geroep om spesifiek die Oshakati-fietsryklub behulpsaam te wees.
Die stigting het in samewerking met Erik Hoffmann, die beroepsjaer wat in Duitsland gebaseer is en in Windhoek was ter voorbereiding van die Afrika padfietskampioenskap, plaasgevind.
Die Namibiese Fietsryfederasie administreer die fonds. Die idee is om die Oshakati-ryers te help met behoorlike toerusting en om hulle na Windhoek te bring vir groter ritte soos die Nedbank Cycle Challenge. Nadat die fonds gestig is met die prysgeld, geborg deur Toshiba, wat Erik in The Namibian Pick ’n Pay Cycle Classic en Tour de Windhoek gewen het, het lede van die fietsrygemeenskap klere, toerusting en geld begin skenk.
Met die hulp van Windhoek Pedal Power, wat die logistiek behartig en akkommodasie voorsien het, is sewe van die Oshakatiklub se lede na Windhoek gebring om aan die Nedbank Cycle Challenge deel te neem. Die eerste oorhandiging van toerusting en klerasie het by die kantore van Toshiba plaasgevind.
Valombola Johannes het in die 35 km rit ’n vyfde plek behaal, net 31 sekondes agter die wenner. Die groter doelwit is ontwikkeling eerstens op streekvlak en hopelik daarna op nasionale vlak. Hoekom Oshakati-fietsry- klub?
Hulle het onder moeilike omstandighede op georganiseerde wyse begin fietsry en amptelik by die Namibiese Fietsryfederasie geaffilieer. Die onmiddellike doelwit hierna is om hul ryers na Windhoek te bring vir die nasionale kampioenskap vanaf 25 tot 27 Junie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie