Fiat-legende is ernstig siek
Hanlie Stadler – Fiat Chrysler het Saterdag op ’n buitengewone vergadering ’n nuwe uitvoerende hoof vir die groep, asook vir sy filiaal Ferrari gekies.
Fiat Chrysler het Saterdag op ’n buitengewone vergadering ’n nuwe uitvoerende hoof vir die groep, asook vir sy filiaal Ferrari gekies.
Dit kom nadat die legendariese Sergio Marchionne (66) se gesondheid skielik drasties agteruitgegaan het weens onverwagte komplikasies ná ’n skoueroperasie. Marchionne is op 5 Julie geopereer, maar volgens ’n verklaring wat Fiat Chrysler Saterdag uitgereik het, het sy toestand drasties verswak, wat die bestuurskuiwe nodig gemaak het.
Marchionne, wat Fiat 14 jaar gelei het, sou eers in April 2019 aftree.
Mike Manley (54), ’n Brit, is as uitvoerende hoof aangewys en John Elkann as uitvoerende hoof van Ferrari.
Elkann is die kleinseun van Gianni Agnelli, Fiat se stigter, en voorsitter van die familie se beleggingsbeheerfirma, Exor, ’n groot aandeelhouer in Fiat Chrysler.
Manley is sedert 2009 aan die stuur van Jeep, wat die sleutel hou tot die groep se plan om sy wins oor die volgende vyf jaar te verdubbel.
Die groep sluit ook die luukse motors Alfa Romeo en Maserati in.
Marchionne het Fiat binne twee jaar ná sy aanstelling in 2004 winsgewend gemaak deur koste te besnoei, insluitend die aflegging van duisende mense.
Hy het in 2014 die vennootskap met Chrysler bemiddel.
Fiat Chrysler is die sewende grootste motorvervaardiger ter wêreld.
Elkann het in ’n verklaring gesê hy is “diep bedroef” oor Marchionne se siekte. “Hy het ons geleer om anders te dink en die moed te hê om te verander, dikwels op onkonvensionele maniere, altyd met ’n sin vir verantwoordelikheid vir die maatskappye en hul mense.”
Marchionne is bekend as ’n werkolis en kettingroker wat gereeld in gekreukelde of informele drag gewerk het.
Bronne: Bloomberg, BBC/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie