Fees van stories voor die vuur

Windhoek Woordfees
Ronelle Rademeyer
By vanjaar se Windhoek Woordfees van 3 tot 10 Augustus kom stories oudergewoonte aan die bod en kan feesgangers uitsien na die skreeusnaakse staaltjies van drie van Namibië se voorste vertellers.

Die Windhoekse bourekenaar, Dawie Prinsloo, het reeds by twee vorige feeste die gehoor laat skater. Sy storiematers vanjaar is die skrywer en joernalis Lloyd Zandberg en die bekende en geliefde afslaer, Frans Steyn, wat die landbougemeenskap reeds die afgelope 25 jaar by veilings met sy kwinkslae vermaak.

Piet Heyns is soos elke vorige jaar weer die storiemeester en sal op gevatte wyse sorg die storievertellers hou nie terug nie en dis hulle bestes op.

DIE VERTELLERS

Frans het as een van tien kinders grootgeword in ‘n huis van stories en grappe. Reeds in sy weermagdae was hy die een wat die manne moes laat lag. Hy was op baie troues seremoniemeester en het by al wat byeenkoms is al as aankondiger opgetree: van babaskoue tot skoue en stampkarwedrenne. Hy is ook al 12 jaar lank die aankondiger by die Namibiese Saalperdkampioenskappe en het al verskeie kere aan die Windhoek-karnaval (Wika) se Internasionale Aand deelgeneem .

Nadat hy in 2018 ‘n oudisie by MultiChoice gedoen het om stories te vertel, word hy genooi as storieverteller na die Oppiestoep-program wat op kykNET uitgesaai word.

‘n Vinnige grap of storie het deel geword van sy werk as afslaer en hy geniet dit om groot storievertellers se aksente en maniertjies na te maak.

Lloyd Zandberg is in 1991 in Windhoek se nonnehuis gebore. Sy biografie lees só: "Hy is ’n Libra, wat beteken hy hou nie van kamp, Wimpy, wiskunde, rosyntjies of glashonde nie. Hy is korter as sy pa, mollig, en het ’n ongeskikte baard. Direk na sy geboorte het hy, sy ma en broer Kaap toe getrek op soek na emerald-gras. Toe hulle dit nie kry nie, het hy besluit om maar skool te loop.

“In die Kaap skryf hy sy matriek by die Hoërskool Durbanville en kry net-net te min punte om iets te gaan studeer wat BMW’s, strandhuise en leerbanke kan koop. Met die genade van iewers word hy aanvaar om fotografie by CityVarsity te studeer.

“Hy werk vir ’n tyd lank as kommersiële fotograaf en was deel van verskeie uitstallings. Na 22 jaar keer hy terug na Namibië, waar hy vir die koerante rubrieke skryf en in die aande waiter by ’n Duitse restaurant. Naweke neem Lloyd foto’s van wilde diere en mooi tannies wat lelik sit.”

Lloyd het in 2017 sy debuut- kortverhalebundel, Per Ongeluk (Tafelberg), gepubliseer en het dié uitgewer se topverkoperlys vir debuut- Afrikaanse kortverhale gehaal. Sy tweede boek verskyn in 2019. In 2018 verskyn hy op die gewilde Oppiestoep, en sal later vanjaar weer op dié gewilde storievertelprogram te sien wees.

Dawie, ‘n gebore en getoë Windhoeker, het van jongs af ‘n waardering gehad vir goed wat snaaks is, hetsy gepraat, geskryf of geteken. Al kon hy bitter selde sy skoolwerk onthou, het hy darem ‘n redelike vermoë gehad om ‘n grap of twee in sy grysstof vas te lê.

In 2015 vra die mense wat die Wika organiseer hom om ‘n stukkie te doen vir hulle Internationale Aand. Hy doen so goed met sy stories dat hy in die volgende jare weer gevra word om deel te neem en brei ook sy deelname uit na die kus se karnaval, beter bekend as Küska.

Dawie sê geen ander taal laat hom so uitdruk en kleef aan ‘n mens soos Afrikaans nie, maak nie saak watter aksent saam met jou in die wiegie neergelê is nie. Hy is veral meesterlik met die namaak van aksente en sy kostelike storie oor die Afrikaner en die Duitser wat tussen die rakke by Maerua Spar aan die gesels raak, bly ‘n treffer.

Die Storievuus vind plaas op Saterdag 3 Augustus om 18:00 in die Operahuis by die Village Vierkant in Lilliencronstraat.

Die kaartjies kos N$130. Skoliere, studente en pensionarisse betaal N$110. Wyn sal bedien word.
Vir meer oor die Windhoek Woordfees, besoek www.windhoekwoordfees.com.

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%