FB, Google ‘moet gehalte-joernalistiek steun’

14 February 2019 | Tegnologie
Bloomberg – Brittanje moet die mag van Alphabet se Google en Facebook oor Brittanje se nuusuitgewers takel en die tegnologieplatforms onder druk plaas om joernalistiek van gehalte te bevorder.

Dit is bevind in ’n verslag deur die Cairncross-kommissie, wat in opdrag van die Britse regering ondersoek ingestel het in ’n poging om sukkelende plaaslike media-instansies te help.

Die kommissie stel voor dat ’n reguleerder met bevoegdheidsmagte gedragskodes opstel ten einde die kommersiële verhoudinge tussen die Silicon Valley-reuse en die nuusuitgewers te beheer.

“Terwyl elke platform oplossings moet voorstel wat die beste by die behoeftes van hul spesifieke gebruikers pas, moet hul pogings aan ’n regulatoriese ondersoek onderworpe wees. Hierdie taak is té belangrik om heeltemal aan die oordeel van kommersiële entiteite oorgelaat te word,” sê die paneel onder leiding van Frances Cairncross, ’n ekonoom en oudjoernalis.

Die verslag kom te midde van die Britse regering se ondersoek oor hoe joernalistiek van hoë gehalte gehandhaaf kan word in ’n omgewing waar die sirkulasie van die gedrukte media daal en selfs digitale nuusdienste soos BuzzFeed joernaliste aflê.

Die tegnologiereuse soos Google en Facebook het vername portale geword waar lesers toegang tot plaaslike joernalistiek kry en hulle is al hoe meer onder druk om van hul advertensie-inkomste te deel.

’n Voorgestelde kopieregwet wat deur Europese reguleerders opgestel is, sal nuusuitgewers die reg gee om meer geld van die aanlyn platforms te eis.

Google het gedreig om sy nuusdiens aan Brittanje te onttrek.

Aanbevelings van die Cairncross-kommissie:

· Toegewings oor BTW vir aanlyn nuus en nuus rakende liefdadigheid, die kunste en nuus van openbare belang;

· Die skep en finansiering van ’n onafhanklike instituut vir nuus van openbare belang vir plaaslike en ondersoekende verslagdoening, wat oor die algemeen nie winsgewend is nie.

· Subsidies ter ondersteuning van joernalistiek in plaaslike en openbare belang;

· Die Britse kommunikasiewaghond Ofcom moet ondersoek of die Britse uitsaaikorporasie (BBC), wat deur belastingbetalersgeld onderhou word, kommersiële joernalistiek onderdruk. Die BBC moet self meer doen om plaaslike uitgewers te ondersteun; en

· Die regering en die reguleerder moet ’n strategie vir mediageletterdheid ontwikkel aangesien te veel mense sukkel om die betroubaarheid van die nuus wat hulle aanlyn sien te bepaal.

As deel van die ondersoek het Cairncross op sekere temas gefokus, insluitende die rol en invloed van soekenjins, sosialemediaplatforms en digitale reklame.

Een van sy voorstelle is dat Facebook en Google hulle daartoe verbind om nie hul eie advertensie-sagteware te gebruik nie, soos wat Facebook reeds met sy artikels doen.

Die paneel beveel ook aan dat die Britse mededingings-en-markte-owerheid die aanlyn advertensiemark – wat deur Google, Facebook en Amazon oorheers word en waar daar minder deursigtigheid is wat tussengangers en winsmarges betref – moet ondersoek.

Die Britse Arbeidersparty sê hy meen die aanbevelings gaan nie ver genoeg nie.

“Solank die tegnologiereuse die mark heeltemal oorheers, is dit moeilik om te sien hoe finansiële volhoubaarheid vir die joernalistiek bereik kan word,” sê Tom Watson, onderleier van die party, in ’n verklaring. – Bloomberg/Netwerk24

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

5 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

5 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

6 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

17 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

17 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

17 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

17 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

17 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

17 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...