Fairtrade sluit sy kantoor in SA stil-stil
Fairtrade sluit sy kantoor in SA stil-stil

Fairtrade sluit sy kantoor in SA stil-stil

Fairtrade, 'n internasionale onderneming wat in etieseproduksie spesialiseer, het sy Suid-Afrikaanse tak gesluit.
Fairtrade, die bekende handelsnaam vir etiese produksie, het sy kantoor in Suid-Afrika ná agt jaar gesluit, maar sê produkte wat onder dié etiket verkoop word, sal steeds in die land beskikbaar wees.

Suid-Afrika is die wêreld se grootste produsent van wyn onder die Fairtrade-etiket.

Sowat twee derdes van alle wyn wat onder die etiket verkoop word, word in Suid-Afrika geproduseer.

Die rede vir die kantoorsluiting is nie duidelik nie, maar daar word bespiegel dat die verkope van Fairtrade-produkte in Suid-Afrika nie so flink was soos wat gehoop is nie.

Die plaaslike Fairtrade-kantoor se doel was om die verkope van Fairtrade-produkte in Suider-Afrika te bevorder.

Giovanna Schmidt, hoof van mediaverhoudinge van Fairtrade in Bonn, Duitsland, verduidelik die rede vir die kantoorsluiting so: “Fairtrade Label South Africa (FLSA) is in 2009 gestig om die belange van boere en werkers in Suid-Afrika te dien. Oor die afgelope agt jaar het FLSA ’n belangrike rol in die toepassing en bevordering van Fairtrade-standaarde en die Fairtrade-handelsnaam in Suider-Afrika gespeel.”

Die besluit om die kantoor te sluit is eweneens geneem om “produsente, boere en werkers beter te bedien en die bewustheid van verbruikers oor die Fairtrade-etiket te versterk”.

Op die vraag of dit verband hou met die pap ekonomie in Suid-Afrika, sê sy net die besluit is gesamentlik deur die FLSA-belangegroepe geneem.

Sy sê die bestaande lisensiehouers is genooi om ’n nuwe lisensiekontrak met Fairtrade International, die sambreelorganisasie vir Fairtrade wêreldwyd, te sluit.

“Fairtrade International sal die lisensiehouers onder nuwe kontrakte bedien en sal verantwoordelik wees vir die vergunning vir die gebruik van die etiket in Suid-Afrika.”

Sy sê Fairtrade-produkte sal steeds in Suid-Afrika beskikbaar wees. “Ons ambisie is dat Fairtrade-verkope in die toekoms sal aanhou groei.”

Bronwyn Page-Shipp, streekbestuurder van Flocert, wat die sertifisering vir Fairtrade in Afrika en die Midde-Ooste uit Kaapstad doen, het intussen bevestig hul deure bly oop en sake gaan voort soos normaal.

Die organisasie is verantwoordelik vir die ouditering van produsente om seker te maak hulle kom Fairtrade se standaarde na.

Petrus Bosman, besturende direkteur van Bosman Wyne, een van die groot wynprodusente onder Fairtrade, sê dit beïnvloed nie verkope nie omdat feitlik alle wyn wat onder die handelsnaam geproduseer word, uitgevoer word.

“Dit is jammer vir Suid-Afrika, maar Fairtrade bly wêreldwyd groei. Maar dit is groot markte en ons ekonomie kan nie naastenby daarmee vergelyk word nie. Dit was dalk ’n bietjie ambisieus om ’n kantoor hier oop te maak.”

Page-Shipp sê ook Suid-Afrika is ’n baie klein mark vergeleke met die meer gevestigde markte vir sulke eties vervaardigde produkte oorsee.

“Ek was self teleurgesteld oor die sluiting van die kantoor, want dit wys dat daar iets is wat nie werk nie. In ’n land soos Suid-Afrika met al die negatiewe aandag wat ons kry oor die behandeling van ons werkers en die lig waarin sommige sensasiesoekende joernaliste ons wil plaas, is dit ’n jammerte,” het Maryna Calow, kommunikasiebestuurder van Wines of South Africa (Wosa), gesê.

Leán Terblanche, hoof van FLSA, kon nie vir kommentaar opgespoor word nie. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.41/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 874.10/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 912.50/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.41/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 874.10/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 912.50/OZ DOWN -0.0037