Facebook vir 18 September 2020

18 September 2020 | Menings
Fort val op Otjimbingwe



Ek is te geskok om iets te sê. Is ons mense regtig so verveeld dat hulle niks anders het om te doen as om af te breek nie? Dit is tragies as inwoners van 'n streek nie die geskiedkundige belang van eiendom of voorwerpe in hulle gebied kan raaksien en waardeer nie. Dit is reeds die tweede geval van vernietiging van iets van historiese belang op Otjimbingwe. Pateties. - Johan Beyers



Daai mense sien hoe ons regering maak en doen dan maar presies dieselfde. - Flippie Liebenberg



Motto: Moor, Steel en Plunder. - Petra Justus



Ek vind dit tragies, maar nie skokkend nie. Otjimbingwe is 'n brandarm vesting. Die mense sukkel om te oorleef, so hoe kan ons verwag dat hulle hoë agting moet hê vir geskiedkundige monumente, daarby nog iets wat nie direk deur hul eie kultuur kom nie. Daai historiese monumente is oorgelaat sonder ­beskerming. As dit so belangrik is om in stand te hou, moes daar al jare terug ingryping gewees het. Vir die van julle wat al deur Omaruru was, die Franke-toring lyk beroerd. Duidelik gee niemand om oor hierdie monumente nie. So, hul agteruitgang kan ons nie meer verbaas nie. Ek glo ook nie dat die regering veel belang ook het nie. Of ons aanvaar dit, of ons moet iets daaraan doen. Ongelukkig sal dit voortduur solank niemand iets daaraan doen nie. - Gys Burger



Ek stem saam. As die monumente regtig so belangrik was sou iets gedoen was om dit te beskerm. As kind het ek daar skool gegaan en daai toring was maar iets wat ek altyd na skool staan en bewonder het. Ja nee, mense is rêrig arm en sal enige iets doen om brood op die tafel te bring. - Carlo Khatu



Gys Burger, absolutely. - Dietmara Mokaleng



Pateties! Voel niks vir hulself of hul land nie. 2de Suid-Afrika! - Teresa Nel



Teresa Nel, Zimbabwe as dit so bly gaan! - Theresa du Preez



Dis reg laat hulle die ding af gemoer het. Dit bring vir hulle anyway bokkerol op die tafel. Mense vrek van hongerte en julle huil oor 'n ou grot gemors. - Kgositau Reed



Daardie 'ou grot gemors' is snaaks genoeg wat toeriste uit Europa na Namibië laat kom. Hulle hou nogal van geskiedenis. En het die afbreek van daardie 'ou grot gemors' vir enigeen gehelp om nie honger te wees nie? - Johan Beyers



Og our a atsas, some call it otjimbingwe! Very historically place but it's ignored and forget by this Swapo led government. - Jakob Uirab



Dis so hartseerlik Namibia se geskiedenis vernietig word. - Jakob Uirab



Jakob Uirab, it's just a political move to show some action. - Klaus Voigt



Moet ons aanhou om waardes in mense te probeer plant? Ja, of is dit meer belangrik om baie tyd te spaandeer om mense te leer 'n kruisie op 'n stembrief te trek? - Johan Botes Snr.



Die toring is vir toeriste, julle idiote! - Tyrone Tholkes



Covid-19-slenter oopgekrap



Ja en so duur die skelmgeid net voort. - Rene Albrightson



They know about it, because they shared. - Jesantha Hifikua



Skelm Swapo's! - Tyrone Tholkes



Tydens geboorte val baba op haar kop, sterf



Ek stem saam. Dit gaan nie haar baba of geluk bring nie maar hopelik leer die mense verantwoordelikheid. - Annelene Van Heerden Grunschloss



Onbevoegde personeel. Hoeveel hartseer wil hulle nog veroorsaak? - Ina Snyman



Onaanvaarbaar! Ag nee man! In 'n hospitaal! Weet nie hoe lank sy vir die geld gaan wag nie. - Ronel Dereuck



Hoe gebeur dit? - Loraine Coetzee



Gekweste olifantbul van kant gemaak



Probleemdier se moer, man. Daai luiperd in Usakos sal dit nou ook weer moet vergeld. Hy moes waarskynlik ge-“poach” word vir sy vel. - Coetzee Van Zyl



Baie hartseer, ek het ook in 2017 gevra dat die Omarururivier s'n moet verskuif word, maar is ook geskiet. - Sussie Maritz



Hoe stupid kan mense wees? Hul vernietig 'n dier ipv relokasie. Klink my Nam se regering is met so onintelligent soos SA. - Zelda Boshoff



Hulle vind plesier daarin. Hoekom doen hulle nie ook dieselfde met probleem mense soos moordenaars en verkragters nie? - Corrinne van Wyk



Het seker vleis nodig. - Fires Jansen van Vuuren



Nou wat doen ons met die probleemmense? Ek vra maar net. - Obie Trice Mostert



Hoekom moet die diere altyd as die probleem gesien word? - Rupert Jansen van Vuuren



Vir duisende jare het mens en dier in vrede geleef. Nou wat nou? - Brigitte Burger







Ever hear of relocation? After all Namibia is a big country. - Steffi Kaspari Ehmke





Ongelukkig dring die mens hulle natuurlike habitat binne, verwoes hulle habitat, dan moet die dier die prys betaal. - Esther Van der Merwe



Lekker nou kan ons weer sy tande steel soos alles in Namibië gesteel word. Wat soek die mense in hulle territory? - Chrisna Horn



Dit is mos ONS mense wat die natuurlike omgewing van wilde diere wegvat! Oorbevolking is die groot probleem en nie die wilde diere nie! - Anita Maier



Baie mense soos verkragters, diewe en moordenaars is erger as diere en julle mag leef. - Louise Reid





Hule sal nog als doodmaak tot daar niks oor is nie. - Lorenzo Mario



Hartseer. - Lilian Duplessis



SA beweeg Sondag na vlak 1



Goeie nuus, dis tyd dat dinge na normaal begin terugkeer. - Rene Albrightson



Oom C begin raak menslik. - Hannes Üschgazhnér Brandt



Best news ever. Dankie, Oom C. - Marianne Valdez Abrahams



Iets gesê van landsgrense? - Erina Strauss



Boabab: 'Investments safe,” says GIPF



They are gambling with our retirement money again! - Stella Hollander



Stella Hollander, Gambling ? I'd say it's blatant theft. - Thomas Tomasi



Thomas Tomasi, I won't forget the bancrupt ostrich farm near Mariental and the bancrupt abattoir at Gobabis where our money was apparently also invested!!! - Stella Hollander



What a joke. Where is the other stolen money? - Toy Dorfling



Please let the money be safe. - Randall Debruin



Oh dear. We all recall that the missing N$660 million was also invested via a SPV called the Development Capital Portfolio. - John Grobler

Soortgelyk

 

Air Namibia hervat op 28 Oktober vlugte na SA

1 uur gelede | Vervoer

Die nasionale redery het vanmiddag aangekondig hy hervat op 28 Oktober vlugte vanaf Windhoek na Johannesburg en Kaapstad.Die redery sal nie soos in die verlede...

77 leerlinge van dieselfde skool toets binne vier dae...

2 ure gelede | Gesondheid

Nog agt leerlinge van die senior sekondêre skool Oshakati het positief vir Covid-19 getoets wat die totaal leerlinge van die skool wat positief getoets het...

Geingob sê oor Covid-19-weg vorentoe

4 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Covid-19: Aankondiging kom oor pad vorentoe

6 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

18 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

18 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

18 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

18 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...