Facebook ‘se ligte’ wêreldwyd uit
Elvira Wood – Die sosialemediaplatform Facebook was vir groot dele van Woensdag nêrens in die wêreld beskikbaar nie.
Die BBC berig dié onderbreking is die grootste in sy geskiedenis met 2,3 miljard gebruikers maandeliks wat skielik nie toegang gehad het nie.
Die laaste keer dat Facebook glo ’n algehele onderbreking gehad het, was in 2008 toe die diens nog net 150 miljoen gebruikers gehad het.
Dit was nie net Facebook wat gesukkel het nie, maar ook Instagram en WhatsApp. Albei dié dienste behoort aan Facebook.
Die grootste probleem met Facebook en ander produkte blyk dat hoewel die blaaie gelaai het, kon gebruikers niks nuuts laai nie.
Luidens statistieke op downdetecctor.co.za het 50% van gebruikers wat oor Facebook gekla het, gesê hulle kon nie op die diens aanmeld nie, 26% het gekla dit was glad nie beskikbaar nie en 23% kon nie foto’s laai nie.
Een van die gebruikers het gevra of dit nie dalk “beurt-Facebook” is met ’n tong in die kies verwysing na beurtkrag waarmee Suid-Afrikaners die afgelope tyd sukkel nie.
Facebook was vroeg Donderdagoggend aan die gang en daar was geen probleme om inskrywings te maak óf foto’s te laai nie.
Om sout in Facebook se wonde te smeer, het gebruikers van sosiale media hulle self tot Twitter gewend.
Ene JM Cruz het die probleem baie goed beskryf met ’n meme op Twitter wat lui: “Facebook is af en ek moet vir iemand vertel . . . maar Facebook is af.”
The problem of every human beings today????#FacebookDown pic.twitter.com/HGcCVSvEUo
— JM Cruz (@JenMarc11) March 14, 2019 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie