Facebook moet hof toe oor hy gesigte herken
’n Amerikaanse regter het Maandag beslis dat Facebook hom in ’n regsgeding moet verdedig waarin die sosiale netwerk daarvan beskuldig word dat hy op ’n onwettige wyse gesigsherkenningstegnologie gebruik sonder gebruikers se toestemming.
Dié uitspraak is olie op die vuur vir Facebook wat die afgelope maand gebuk gaan onder die ergste skandaal oor gebruikers se privaatheid in die maatskappy se geskiedenis. Vroeg in Maart is daar ontdek dat die omstrede konsultasiefirma Cambridge Analytica miljoene Facebook-gebruikers se data op ’n onvanpaste wyse bekom en uitgebuit het.
James Donato, ’n Amerikaanse distriksregter, het in die hof in San Francisco bevind dat ’n klasaksie die doeltreffendste manier sal wees om die dispuut rakende gesigsherkenningstegnologie op die platform op te los.
Facebook het gesê hy bestudeer tans Donato se beslissing. “Ons glo steeds die saak het geen meriete nie en ons sal onsself verdedig,” lui ’n verklaring.
Prokureurs vir die eisers kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Die groep eisers het Facebook reeds in 2015 hof toe gesleep weens die beweerde oortreding van wetgewing in die Amerikaanse deelstaat Illinois rakende mense se reg op die privaatheid van hul biometriese identiteit.
Die klasaksie is ingedien deur verskeie gebruikers van wie Facebook sedert 7 Junie 2011 biometriese inligting stoor om hul gesig danksy algoritmes in foto’s te herken.
Dit is die datum waarop Facebook sy sogenaamde “tag suggestions” bekend gestel het, ’n funksie wat gebruikers in staat stel om mense se gesigte in foto’s aan hul Facebook-profiele te koppel. Dit sluit foto’s in wat opgelaai is deur vriende, sowel as derde partye. – Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie