Facebook is simpel, sê Musk
Petrus Malherbe – Die Suid-Afrikaans gebore sakeman Elon Musk het opnuut sy misnoeë met Facebook te kenne gegee deur op Twitter die sosiale platform as “simpel” te beskryf.
Dit is ook nie die eerste keer dat Musk teen Facebook uitvaar nie. Die hoof van Tesla en Space X het in 2018 aangekondig hy sluit sy maatskappye se Facebook-blaaie nadat dit aan die lig gekom het die konsultasiefirma Cambridge Analytica het toegang tot 87 miljoen Facebook-gebruikers se persoonlike inligting verkry.
Musk het kort daarna op Twitter gevra: “Wat is Facebook?”
Sy jongste twiet was in reaksie op ’n plasing van die akteur Sacha Baron Cohen waarin hy gevra het dat Facebook beter gereguleer moet word.
Musk het daarop gereageer en gesê: “#DeleteFacebook, it’s lame.”
Baron Cohen het in sy plasing gevra waarom Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, toegelaat word om “die inligting wat 2,5 miljard mense sien” te beheer, hoewel geen ander persoon in die wêreld dieselfde mag toegelaat word nie.
“Facebook moet deur regerings gereguleer word en nie deur ’n keiser regeer word nie!”
Facebook het nog nie op Baron Cohen of Musk se kritiek gereageer nie.
Ondanks sy haat jeens Facebook bedryf Musk steeds sy eie Instagram-blad. Facebook besit Instagram.
Hy het al voorheen gesê Instagram is “waarskynlik orraait” mits dit “betreklik onafhanklik” bly van sy moedermaatskappy.
Die skrywer Stephen King het ook vroeër vandeesmaand aangekondig hy groet Facebook omdat daar te veel fopnuus daarop versprei word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie