Facebook

17 May 2019 | Menings
“Onderwys: Namibiërs moet omvattende seksonderrig verwelkom”:



Ouers kan self hul kinders van dit leer wanner hul voel die tyd is reg. Van graad 4 is darem te erg. Home school is maar nou die antwoord lyk dit my. – Jemima K Groenewald



Ek wil nie hê my kind moet op ouderdom 9/10 dit leer nie. – Deoni Diedericks



Daar is tog 'n rede hoekom hulle age restrictions op movies sit, sodat die kinders dit nie moet sien nie. Hier kry die kinders nou weer kinders. Aborsies. Aids increase. Siektes. Armoede groei. Selfmoorde. Ouers wat kinders onterf. Ek's opgesukkel. – Elzaan Renee van Wyk



Ja nee wat. Seks word mos voor godsdiens geplaas. Bring godsdiens terug en jul sal weer die liefde vir mens sien. – Rudi le Roux



Pleks leer hul tuin maak en groente plant. – Retha Augustyn Vermeulen



Ek hoop van harte dat alle ordentlike ouers hul kinders sal beskerm en opstaan teen hierdie besluit. Dit is regtig ongesond. – Heila Viljoen



As ek die comments lees, verstaan ek hoekom daar so baie "teen pregnancies" in ons land is. Verkrampte denkwyse oor seks is nie gesond nie. Die ouers doen dit glad nie, want dis mos taboe om oor seks te praat. Dis wat ek bedoel met verkramp. Ons lewe nie meer in 1920 nie. IEMAND moet dit doen. – Cynthia du Plessis



Seksonderrig moet van die ouerhuis kom! Dis presies dieselfde met dissipline. Nou moet onderwysers of die regering dit doen? Op maniere wat nie reg/gesond is nie? Nee wat, ouers moet hul pligte nakom. – ­Madelein Badenhorst



Ons kan maar net van harte hoop en glo dat die opvoeders/onderwysers oor die nodige kennis beskik om die informasie op 'n volwasse manier oor te dra. – Johan Beyers



Dit is vreeslik. My dogtertjie is nou graad 3. Ek vrees vir volgende jaar. Sy's my baba, nou word hul vroeg ryp gedruk. Ek dink en voel regtig hulle moet dit wegvat. Ek stem dit is die ouers se plig om dit op die regte ­ouderdom toe te pas. – Karla Reimann



Die regering se pensioenfonds en medies is reeds oorbelas en kan ban­krotskap in die oë staar. Hoekom sien mens NÊRENS en NOOIT plakkate en advertensies vir geboortebeperking nie? Daar's orals plakkate teen korrupsie, poaching, betaal jou tax ens. Maar nooit oor geboortebeperking. Want hoe kry 'n vrou dit reg om 8 kinders in 'n plakkerskamp te hê? – Trudie Sirakis



Die lewe gaan sowaar nie net oor seks nie. Leer die kinders eerder oor hoe om 'n huis te koop of oor beleggings en rente en sulke goed. – Christine Kruger



Ag asb! Raak 'n bietjie rustig. Hoe is dit 'n slegte ding? Behalwe dat dit 'n bietjie te vroeg geleer word? Meeste kinders begin dit leer in graad 6. Dis nie 'n saak van "vroeg ryp, vroeg vrot" nie, daai het te doen met die waardes wat die ouer aan die kind leer. Niemand gaan jou kind kamasutra leer nie. Hulle leer julle kinders van die nagevolge soos Aids & HIV, STD's en STI's, teenage pregnancies. How is having an education on how to prevent this a bad thing? Gaan kyk 'n bietjie hoeveel babas in sakke gevind word en stukkend gedruk word deur masjiene. My goodness! Why is having an educated, informed and better youth such a taboo? Kamma seksbehep? Oi! Ignorance is not always bliss hey! Dink ouers rêrig hulle kan nog self die "boodskap" oordra met vandag se internet? You have to make adjustments man. So ploeter die kinders maar voort, raak swanger en siek, want hulle ouers "is nog nie reg nie". They have internet, they will use it. Nou daar sal hulle kamasutra leer! – Janine Neustädt



You have gotta be joking. Is dit al wat daar in die lewe is wat jul kinders kan leer? Net seks? En wat van die ander goed, integriteit, die lys gaan aan. Dis darem rêrig verkriklik. – Nouks Morkel



Dis goed. Beste besluit. Vir die wat sê dis te vroeg vir hulle kinders om te leer? Jou kinders se maatjies se ouers worry nie. Daai maatjies gaan jou kind vertel. En op die heel verkeerde manier. Ons sit met die probleem, want almal dink hulle kinders is engeltjies en verskriklik onskuldig. Toe nou nie. Punt! – Aletha Dup



Ek weet nie hoekom is mense skaam wanneer dit by sekspraatjies kom nie. So ver ek weet is seks in 'n huwelik en verhouding baie belangrik in ons lewens en ook gesond. Ek dink regtig dat skole mag maar seks-education aanbied, want as ouers nie met hul kinders praat oor seks of hulle daarvan leer nie dan kan die kinders dit self uitvind deur om op porn sites te gaan leer. – Willie Horn



Hulle leer die kinders verkeerd. Los dit vir die ouers soos dit hoort. Dan gaan daar minder kinderswangeskappe wees. – Jan Pretorius



Baie ouers praat nie met hul kinders nie en dan gaan vind kinders dinge op hul eie uit. Educate die kinders dat hul kan weet wat is vir wat en wat gaan gebeur as jy jou ophou met dinge wat tussen getroude mense hoort. – Tariena van Rensburg



Presies hoe hulle dit in SA ook ingebring het. Kinders word te vroeg aan eksplisiete seksonderrig blootgestel. – Christine Biddulph Maritz



Finally! This is the right thing, even though it's a little bit too late. For those of you talking about how this isn't right, most of you are past the age of 25 so you don't realise the problems we as the youth face. Times have changed and you should too. Kids even at the age of 5/6 are having sex and do not realise what they're doing wrong. This is not about parents bearing the responsibility of educating them about sex 'cause clearly most of you aren't doing it. It's better to teach them now as opposed to later on where you will be blaming the rest of society for you and your children's mistakes. – Elzane Rochelle Claassen



“Polisieblaps: 'Dooie' baba leef glo nog:



Julle . . . Regtig. Kate Winslet het ook 3 kinders by 3 verskillende mans, maar niemand sal enigiets teenoor haar sê nie, want sy is wit en sy is ryk. Dit maak nie saak wie die pa van jou kinders is nie. Die lewe loop snaakse draaie met ons almal. En ons almal bly in glashuise . . . Joalette de Villiers



Voordat jy nie in iemand se skoene is nie (wat nooit sal wees nie) kan jy nie oordeel nie. Mense wat self nooit opeindig in sulke situasies nie sal nie verstaan nie. God ken almal se saak en hy weet waarom en hoekom. Dit is beter vir jou eie onthalwe om stil te wees en jouself te ondersoek waar jy tekortkom. En of jy in 'n tweeverdiepinghuis sit en of jy op die vlak bly . . . We all have imperfections. – Nico en Michelle Beukes

Soortgelyk

 

COVID-19 in Namibia: Data round up 25 - 28...

38 minute gelede | Gesondheid

Current situation with official data by Thursday 28 May 2020 (showing changes since 24 May 2020) and prelimenary data announced this morning for yesterday.GENERAL INFORMATIONThe...

Geval 22: stabiel, steeds op ventilator

3 ure gelede | Gesondheid

Namibië se 22ste bevestigde Covid-19-geval, 'n 63-jarige man van die kus, is steeds aan 'n ventilator gekoppel. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste...

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

1 dag gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

1 dag gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...