Facebook 22 September 2020

22 September 2020 | Menings
Swaar straf wag op Covid-oortreders

Doen tog net die regte dinge reg. Is dit te veel gevra? Ek wonder wat God van die Namibiërs dink in hierdie dae van nood en beproewing. In plaas van verootmoediging, geloof en dankbaarheid is dit ‘n geween en gekners van tande en vervloeking. Dink aan die tog deur die woestyn. God het nie Sy volk versaak, maar opregte geloof en vertoue verwag. Geen regering het vir Covid gevra. Almal probeer kop bo water hou om lande deur dit te kry en te laat oorleef. Baie foute is gemaak, maar daarom word dit die novel Corona genoem. Dis vreemd, die wetenskap moet opvang. Ons noem onsself ‘n Christenland. Ek sien min daarvan in ons mense. - Rina Goldbeck

Die Namibiërs was nooit Christene in die ware sin van die woord nie. Ook nie God se volk nie. Hulle bid uit desperaatheid ja, maar wie bid nie as jy in die moeilikheid is nie? God haat hulle. - Schalk Burger

Ons noem onsself 'n ``dapper`` land. Ek sien min van dit in ons mense. - Richard Kambinda

Ja nee, Europa is weer toe vir 2de vlaag en ek is bevrees dit sal hier ook kom. Net omdat mense NIE WIL LUISTER NIE. En dan huil hulle as ons weer toe gemaak word. - Wiltrud Janse Van Rensburg

Die probleem lê juis by te veel luister na die WHO se bangmaakstorie met 'n virus wat so gevaarlik is dat 0,004% mense daaraan kan sterf. - Paul S Cloete

Wiltrud Janse Van Rensburg, dis mense soos jy wat te veel luister en te min vir jouself dink. - Jacobus Izak Bonthuys

Paul S Cloete, ek stem. Bangmaakstories. Luister glad nie na hulle snert nie. Ek hou my oë op Die Koning. Hy regeer. - Ismarelda Hangue-Magagula

Oh well, ons sal maar kyk wat die volgende stap is. Mense is net moedswillig. Never minded vir ou mense en kinders. Wag as julle mense siek word, dan kyk ons... - Wiltrud Janse Van Rensburg

Wiltrud Janse Van Rensburg, daar was al van my mense siek en na twee weke weer gesond , maar die regering en WHO het hulle nie genader en hulle geld aangebied om 'n hartseerstorie op TV en die radio te vertel nie. - Paul S Cloete

Daai boete sal nie in 'n hofsaak staan nie. Die mense dink ons is ape. Swapo sal ook nie weer genoeg steun in die parlement kry om 'n "state of emergency" te verklaar nie. Die dae wat hulle gemaak het soos hulle wil is verby. Dit is natuurlik dom om nie die nodige maatreëls te volg nie alhoewel die siekte nie naasteby 'n pandemie is nie. - Henry Bisschoff

Die Covid sal homself uitwoed, maar armoede, hongerte en werkloosheid gaan nie. So los die lockdown oop! - Ina Snyman

Hoe moet daar n tweede vlaag kom? Ons gaan na 32 grade ‘n dag en soos griep kan die virussie nie bo 25 grade oorleef nie. - Johan de Villiers

Ons moet doodeenvoudig aangaan met ons lewens en net soos die jaarlikse griep met die nuwe griep saamleef. Hou op toets en die ding sal weggaan. - Hendrik Pool

Ek wonder wie se broer die tender vir die bou van tronke gaan kry? Of sal oortreders onder huisarres gesit word? - Maria Cato

Of is dit om daar nie meer plekke is om te steel wat hulle nou alweer 'n maklike gaping sien om geld bymekaar te kan maak? - Christine Kruger

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

14 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

14 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

14 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

14 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

14 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

14 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

14 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

14 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...