Facebook

24 July 2019 | Menings
“Soldate se vee moet ook skoert”:

En daar val die hele sak patats nou uit die kas. – John Grobler

“Dié projekte moet Namibië se dors les”:

Die hele, enorme oseaan is daar. Hoe lank gaan dit vat voor iemand wakkerskrik en besef die roete om te gaan is ‘n ontsoutingsaanleg? – Morne Openshaw

Hulle het nie die nodige kennis om dit te behartig nie, en uit pure hardegat wees en nie lus is om te betaal nie word die bestaande een nie eers ordentlik gebruik nie. Die speletjies wat "bo" gespeel word raak mos net die mense op die grond. – Daniel Robberts

As ons moet wag vir "kennis" om iets te doen, kan ons nou maar aftrek en toeplak. Hier is genoeg kennis in die land, maar as ‘n "cadre" nie ‘n fooitjie verdien nie, gebeur niks. – Morne Openshaw

“Vereniging lê aan op wapenwet”:

Wel, die antwoord is kort hoekom die regering wettige eienaars wil forseer om elke 5 jaar lisensies te hernuu. Om elke 5 jaar geld vir regering se sakke in te bring. Net ‘n geldmaakstorie. Ons regering is regtig ‘n geldgierige bedryf. – Kempen Claassens

“‘Vriende van Katrina’ staan bakhand”:

Katrina het geweet wat sal gebeur as sy oneerlik is: armoede, soos die ander verarm is. Sy het haar magspossies misbruik. Hoeveel ander goed het sy nie gedoen waarvan ons nie weet nie? So sy moet maar uitspring en begin werk soek soos ons ander dit doen. – Lilian Blaauw

Katrina het 'n man met 'n plaas, sy is versorg. Sy het gesoek daarvoor. – Margaret Burger

Rubriek – “Verkiesing 2019: Misdaad en vrees”:

Ek het menigte inbrake al gehad. Eerste keer het ek hulle gebel. 2 ure gewag vir ‘n polisievoertuig. Daar gekom en vir my gesê so sorry, ek moet nie vir iemand my sleutel gee soos huiswerkers nie. Tweede keer het ek hulle gaan haal met my persoonlike voertuig. Derde keer het net gelos. MAAR ek gaan hulle nie sleg maak nie. Hulle werk met wat hulle het. Dit is nie hulle skuld daar is geen infrastruktuur nie. As dit enigsins in hulle vermoë is of was, het hulle my nog altyd met respek behandel en gehelp. Ja, daar is vrot appels, maar merendeels is hulle goed. Gee hulle die nodige hulpbronne en daar sal n groot verandering wees. – Aletha Dup

Uhm, ek’t 10 jaar terug gebel vir ‘n gewapende roof, en wag vandag nog. Ook 8 jaar terug ‘n inbreker te voet agtervolg terwyl ek op die foon is met hulle. Wag nou nog vir hulp. Nou hanteer ek dit maar soos nodig. – Hannes Dorfling

Tensy jy hulle betaal. – Sean O’Brien

“Grootfontein wys wat platteland kan doen”:

Wow, welgedaan Grootfontein. – Sonja Nel

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

1 uur gelede | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

17 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

17 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

17 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

17 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

17 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

17 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...