“Regering laat val nuwe 2%-bom”:
Is dit nou weer selfverryking of wat? Bring affordable school fees een keer 'n jaar trug en die land sal weer bykom. Of hoe? – Babsie Egelser
Hou op onnodige mense in posisies betaal wat geskep word vir vriende en familie. Daarna kan julle begin om besighede gelyk te behandel en geld sal vanself gegereer word. – Lesley Page
Laat die goverment by hulle self begin, maak hulle onnodige benefits minder, hulle is mal, dit is ons hard verdiende geld waarvoor ons gewerk het. Hulle vat klaar te veel en wat maak hulle klaar daarmee? Hier kan ons klaar nie kop bo water hou nie. Ons het kinders en ouers wat ons voor sorg. Hulle is die oorsaak dat die land agteruitgaan, want hulle sit daar vir selfverryking en wat hulle uit dit benefit, so laat hulle by hulself begin. – Sonja Izaacs Miller
Ek is stom geslaan . . . Gaan kyk, of nee, maak toe al daardie gate waar die geld lek en steek diesulkes wat die gate veroorsaak het summier in die pad en hou hulle dan verantwoordelik vir dit wat by daardie gate uitgelek het. Dan sal ons genoeg geld hê vir alles. Ook, sny al die dooie hout uit die regering. Ons het geensins so 'n groot regering nodig nie. Herinkorporeer al die staatsbeheerde maatskappye in die regering as departemente in die afsonderlike ministeries asook al die ministeries wat eindelik net departemente behoort te wees. In kort, hou op om baantjies vir boeties te skep. – Marius Visser
Verminder die tax asb. – Mantos Titus
Die government van ons hou van jokes . . . – Tasneem Theresa Ochs
Ek betaal belasting en VAT. – Thea en Dolf Bothma
Nou moet die verkiesing rêrig begin. – Hannes Dorfling
Die Namibiese belastingbetalers aan wie die regering belastinggeld moet terugbetaal, sal dit ook verskriklik oneindig baie waardeer as die regering van Namibië daardie uitstaande skuld aan hulle kan terugbetaal. Dit sluit BTW-terugbetalings ook in. Asseblief tog en baie, baie dankie. Eers dan kan ons dalk, let wel dalk, aan samesprekings oor die 2% begin dink. – Paul Brits
Mnr. President, ons sal dit ook waardeer as u die kabinet en spesiale raadgewers se getalle verminder. Hersien ook ons belastingaftrekkings en verminder die hoë aanslag op ons wel verdiende sweetgeld asseblief. O ja, kanselleer of verklein ook die delegasiegroepgetalle wat u altyd op internasionale funksies vergesel. Verminder sommer MPs se sittingsfooie en SNT-toelae onmiddelik, hulle verdien daardeur so onregverdig 'n dertiende tot 20ste ekstra salaris. Maak ook die gebruik van staatsdienste (hospitaal/kliniek) verpligtend vir alle parlementslede en hoë geplaasde regerings lei. Dan implementeer u alle insae van die publiek t.o.v. kostebesparingsvoorstelle en hou weer stadsaalvergaderings om die suksesse van ons pleidooie mee te deel. Daarna kan ons dalk sien hoe deursigtig was u kabinet se uitvoering of doeltreffendheid vandat u na ons as lae Jan Publiek geluister het, aldan nie, sterkte. – Franco Klukowski
Waar dink hulle moet ek daai geld kry? Ek, soos baie ander, sukkel om kop bo water te hou! – Janneke Beukes

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie