Executioner met mening terug
Executioner met mening terug

Executioner met mening terug

Die Namibiër het terug in die tiende posisie op die ranglys ingeskuif.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Walter Kautondokwa (The Executioner) het rede om geheimsinnig te glimlag terwyl hy stadig maar seker is om sy pad na die topvyf van die Wêreldboks­organisasie (WBO) se wêreldranglys op te werk.

Die 34-jarige middelgewigbokser van Windhoek het verlede jaar sy tweede posisie op die WBO se wêreldranglys verloor toe hy in die VSA teen die 31-jarige Demetrius Andrade slae gekry het.

Kautondokwa het moedig enduit sy man teen Andrade in die wêreldtitelgeveg probeer staan, maar moes ná 'n eenparige puntebeslissing van sy droom vergeet om die vakante WBO-wêreldgordel syne te maak.

Intussen het Kautondokwa harder as ooit in die gimnasium gewoeker en op 10 Mei vanjaar het hy in Harare, Zimbabwe, vir Simeon Tcheta van Tanzanië oorskadu om sy eerste geveg ná die Andrade-terugslag in te palm.

Die oorwinning het Die Laksman 'n tiende posisie op die WBO se wêreldranglys besorg, wat sy eerste tree op pad terug na die topvlakke van die gewigsklas is.

Die geveg teen Tcheka was 'n kortstondige piekniekuitstappie wat Die Laksman reeds vroeg in die tweede ronde beëindig het.

Nestor Tobias, promotor van die Nestor Sunshine Tobias Boksakademie, is nie min trots op sy bokser nie.

“Nadat Walter teen Andrade verloor het, moes hy natuurlik onmiddellik met sy volgende geveg 'n oortuigende terugkeer maak, wat hy ook uitmuntend reggekry het. Die Andrade-geveg is iets van die verlede waaroor hy hom meer verknies nie.

“Ons het die uitdaging teen Andrade op baie kort kennisgewing aanvaar. Walter het in die eerste ronde 'n onwettige, moorddadige hou van Andrade ontvang wat nooit deur die skeisregter toegelaat moes gewees het nie. Ons kla egter nie daaroor nie. Al wat nou saakmaak, is dat Walter terug is en gereed is om weer die wêreld te wys wat in hom steek.

“Ons moet nou vir Walter een van die boksers vasknoop wat saam met hom onder die top-15 op die WBO se ranglys is,” het Tobias verklaar.

Die vriendelike en nederige Kautondokwa se visier is ná bykans agt maande weer reg ingestel om die poppe opnuut te laat dans.

“Die wêreld moet nog die beste van my in die kryt sien en daarom wil ek een van die groot name onder die toptien uitdaag om die aandag weer op my te vestig.

“Ek wil nie hê bokskykers moet my net op die Andrade-geveg beoordeel nie. Ek voel goed en is reg vir die volgende groot uitdaging. Dus maak dit nie saak wie deur die toue teen my wil klim nie. Al wat ek weet, is dat hy baie skrikkerig vir my moet wees,” het Die Laksman gesê.

Kautondokwa, wie se enigste nederlaag in Amerika was, het andersins 19 oorwinnings op sy getuigskif, waarvan 17 met uitklophoue.

WILLBEFORCE

Intussen het Imms Moses van die AC Boxing Gym gister bekend gemaak dat die 36-jarige Wilbeforce Shihepo op 14 Julie in Johannesburg om die Wêreldboksvereniging (WBA) se junior swaargewig Afrika-titel die handskoene gaan aantrek.

Shihepo het 25 oorwinnings (18 met uitklophoue) en tien nederlae (drie met uitklophoue) op sy rekord van 35 gevegte.- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.43 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.61/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.51/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 833.90/T DOWN -0.72% | Brent Crude Oil US$ 88.58/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 910.53/OZ DOWN -0.0059 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.43 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.61/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.51/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 833.90/T DOWN -0.72% | Brent Crude Oil US$ 88.58/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 910.53/OZ DOWN -0.0059