Executioner in klassieke botsing van style

Die Namibiër is oorgehaal om die kans van sy lewe aan te gryp.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Walter Kautondokwa kan hom die naweek teen alle verwagtinge in vestig as een van die gróót spelers in die middelgewigklas (72 kg) wêreldwyd.

Die Namibiër veg Saterdagaand in Boston, Massachussets teen die Amerikaner Demetrius Andrade, met die Wêreldboksorganisasie (WBO) se vakante wêreldtitel op die spel.

Met manne soos Saul (Canelo) Alvarez van Mexiko as houer van die vernaamste beheerliggame se gordels, sy verslane voorganger Gennady (GGG) Golovkin van Kazakstan, Billy Joe Saunders (Brittanje se onlangs geskorste WBO-titelhouer), Danny Jacobs van Amerika en verskeie ander aanspraakmakers is die middelgewigklas tans een van boks se mees opwindende en kompeterende afdelings.

Kautondokwa (17 gewen, 16 uitklophoue) en Andrade (25 gewen, 16 uitklophoue) is beide onoorwonne, maar in die oë van die wêreldwye bokspubliek is die Namibiër se wenkans maar skraal.

'n Mens hoef maar net te kyk na die beroepswedders se voorspelling. Kautondokwa word as die volslae buite­perd gereken met syfers soos sewe teen een (bet365) of selfs 10 teen 1 deur ander beroepswedders.

Saterdagaand se hoofgeveg in Boston stuur af op 'n klassieke botsing van uiteenlopende style – met die gróót vraag hoe die 33-jarige Namibiër en die 30-jarige Amerikaner mekaar se sterk en swak punte gaan probeer neutraliseer.

Die krag agter Kautondokwa se twee vuiste is sy mees ooglopende bate. Die Namibiër se lengte en lang arms is ook besonders vir 'n middelgewig en dit is moontlik dat hy as die natuurlik groter vegter deur die toue klim – anders as Andrade wat feitlik al sy gevegte sover as junior middelgewig (69.85 kg) gehad het.

Kautondokwa se styl sal waarskynlik wees om die druk toe te pas en sy opponent met krag te oorweldig. Sy aanvalle word dikwels deur venynige lyfhoue gekenmerk wat toenemend sy teenstander se spoed met ongemak en pyn vervang.

As WBO Afrika-titelhouer het Kautondokwa hom reeds gevestig as 'n gevreesde teenstander wat selfs groter manne planke toe kan stuur. Dit is dus nie juis sy skuld dat sy promotor Nestor Tobias tot nou so hard moes sukkel om die “regte” gevegte vir hom gereël te kry nie.

Hierteenoor het die Amerikaner sedert sy amateurdae as 'n Olimpiese bokser, asook 'n vorige wêreldkampioen op junior middelgewig, gewys dat sy spoed, ratsheid en vaardighede hom een van die sport se potensiële supersterre maak.

Een van Andrade se slagoffers, die Engelsman Brian Rose, het aan Sky Sports gesê hy beskou die Amerikaner as een van dié beste boksers ter wêreld.

Rose sê tydens hul geveg in 2014 was Andrade eenvoudig briljant op pad na sy sege met 'n uitklophou.

“Sy tydsberekening en akkuraatheid is wat hom die gevaarlikste maak. Hy kan jou drie of vier keer op dieselfde plek tref wanneer hy so besluit. Ek het al teen manne geveg wat meer krag het om jou bewusteloos te kan slaan, maar min mense het Andrade se spoed en akkuraatheid.”

Die Engelsman reken Andrade se onlangse aansluiting by die promotor Eddie Hearn sal aan sy loopbaan reg laat geskied en sal vir hom die groot gevegte vasknoop.

“Vele ander kampioene kry baie meer krediet as Andrade, wat half onbekend is. Hy verdien om wêreldbekend te wees, want hy is briljant. Ek het geen twyfel dat hy Saterdag die WBO-titel gaan wen nie. As sy onaktiwiteit nie 'n effek het nie, het ek volle vertroue dat hy op koers is om hom as pond-vir-pond een van die bestes te vestig.

“Andrade se styl is perfek om Canelo of GGG probleme te besorg.”

Die Amerikaner het self ook reeds vandeesweek verklaar dat hy komende naweek 'n boodskap aan al die middelgewigte wil uitstuur dat hy gereed is om een van die blinkste gewigsklasse oor te neem.

“Ek sien nooit uit na 'n geveg wat net opbou na die groter gevegte nie. Ek neem elke geveg met totale erns op. Teen Walter sal ek my taak afhandel en met die kampioengordel huis toe gaan. Dan kan Eddie seker maak dat ons vroeg in volgende jaar die elite vegters begin aantree.”



TUISGEMAAK

Kautondokwa se span is sedert hul aankoms in Boston laas Sondag besig met hul finale voorbereidings, het die promotor Nestor Tobias laat weet.

“Ons het 'n besige week met media- en TV-onderhoude en oefensessies. Ons is gasvry ontvang deur Matchroom Promosies se professionele groep mense en ons sien baie uit na die geveg. Met soveel verpligtinge is dit nogal 'n uitdaging om op ons finale voorbereiding gefokus te bly. Maar ons weet presies hoekom ons hier is en ons sien daarna uit om die taak suksesvol af te handel en as Namibiërs die bokswêreld met nog 'n opspraakwekkende oorwinning te laat regop sit,” sê Tobias.

Kautondokwa se kommentaar: “Dis heerlik om hier te wees, maar ons is nie met vakansie nie. Ons het 'n reusetaak voor ons. Ons was bevoorreg om die legendariese afrigter Freddie Roach te ontmoet en deur sy wysheid geïnspireer te word. Ek sien uit na die geveg Saterdagaand en ek bedank almal by die huis vir hul ondersteuning sover.”

In 'n onderhoud met die gewilde YouTube-bokskanaal IFL het Kautondokwa gister gesê hy het volle vertroue dat net twee weke kennisgewing vir die geveg hom nie sal keer nie.

“'n Soldaat moet mos altyd gereed wees vir die oorlog wat kom. Ek het uiteraard nie werklik 'n oefenkamp gehad nie, maar ek het in die gimnasium my werk gedoen en as trotse Namibiër is dit my plig om die gordel huis toe te neem.”

Afgesien van Tobias word Kautondokwa ook deur die afrigter Siegfried Kaperu van MTC Sunshine Promosies vergesel.

• Die uitsaairegte van die gevegte in Boston behoort eksklusief aan die ambisieuse nuwe Amerikaanse promosie DAZN – wat vandeesweek ook die regte vir Saul Canelo Alvarez se volgende elf gevegte in vyf jaar vir 365 miljoen Amerikaanse dollar vasgeknoop het.

Volgens Tobias het DAZN, wat videostroom op die internet as sy platform gebruik, ook 'n “bekostigbare” prys vir die uitsaairegte aan die Namibiese Uitsaaikorporasie gemaak. Teen druktyd gister was die NBC egter nog besig om inligting oor die tegniese detail in te samel en was nog nie gereed om 'n aankondiging te maak nie.



HITMAN

Namibië se mees ervare beroepsbokser in die geskiedenis, Paulus (Hitman) Moses, boks ook môreaand met sy doelwit om opnuut die WBO Afrika-titelhouer te word.

Moses se titel het vakant geword toe hy in Februarie vanjaar in Amerika met punte teen Raymundo Beltran verloor het.

Die Namibiese liggewig, wat reeds 40 oorwinnings en vier nederlae in die beroepsarena behaal het, klim môreaand in Accra teen Ghana se ambisieuse 29-jarige Emmanuel Tagoe (28 gewen, een verloor, 14 uitklophoue) deur die kryttoue.

Moses het Maandag in die Wes-Afrikaland aangekom en sê: “Tagoe het nog nie tevore teen 'n wêreldklas bokser soos ek te staan gekom nie. Hy is onoorwonne (afgesien van sy debuutgeveg in 2004) en hierdie sal dus sy eerste nederlaag in jare wees. Maar dis ook niks om oor skaam te voel as jy teen 'n voormalige wêreldkampioen en topklas vegter verloor nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.93/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 899.90/T UP 1.6% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.76/OZ DOWN -0.0023 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.93/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 899.90/T UP 1.6% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.76/OZ DOWN -0.0023