Etosha Safari Lodge bied 'n eg Namibiese ervaring
Privaatheid en ekovriendelikheid is hier gewaarborg.
Gondwana Etosha Safari Lodge is een van die vier finaliste in die Volhoubare Toerisme-toekennings (RTA) vir 2017.
Dit is een van die Gondwana Collection se mooiste lodges en 'n klipgooi van die Anderson-hek van die Etosha Nasionale Park af.
Die stukkie grond van 450 hektaar van die lodge is klein, maar huisves onder meer impalas, kameelperde, springbokke, sebras, Damar dik-dikke en 'n magdom voëlspesies.
Saans kan die gewilde sjebeen-styl kroeg onder die lodge by Gondwana se Etosha Safari Camp besoek word vir 'n ware Namibiese ervaring.
Die lodge is indrukwekkend met sy 60 chalets, vyf gesins-chalets en ses gidskamers. Al is die lodge vol bespreek, is die chalets só geplaas dat dit privaatheid verseker.
Sebras wei terwyl jy slaap en as jy uitstap op die dek, is die uitsig rollende heuwels met mopaniebome so ver as jy kan sien.
Dit voel of elke hoekie van die lodge 'n swembad het - jy kan dus om elke hoek en draai afkoel.
Wat werklik indrukwekkend van Etosha Safari Lodge is, is die pogings wat aangewend word om die lodge se ekologiese voetspoor te verminder. Alle afval word herwin en alle skoonmaakprodukte is ekovriendelik. Alle gryswater word vir die tuine gebruik en daar is selfs 'n kruietuin in 'n tonnel. Water- en elektristeitsverbruik word gemonitor om dit laag te hou. Die lodge is 'n goeie voorbeeld van “verminder, hergebruik en herwin”.
Energieverbruik word verminder deur geel omgewingsvriendelike gloeilampe te gebruik wat ook as insekweerders dien. Daar word ruim gebruik gemaak van sonligte wat 'n warm atmosfeer verskaf. Etosha Safari Lodge bied begeleide toere saam met ervare gidse na die park aan.
Dit is verfrissend om uit die park terug te kom en op die dek te sit en deur vriendelike kelners bedien te word en die sonsondergang te geniet met 'n yskoue bier in die hand.
Die ander drie RTA-finaliste vir 2017 is Jackalberry Lodge, Ongava Tented Camp en Wilderness Safaris Hoanib Skeleton Coast. Die wenner sal aangekondig word tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo wat op Woensdag 31 Mei by die Windhoekse skouterrein sal plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie