Etosha 'n top- safaribestemming in Afrika
Francoise Steynberg - CNN Travel het die Etosha Nasionale Park as een van die agt beste safaribestemmings in Afrika aangewys.
"Namibië bied wonderlike geleenthede vir die besigtiging van woestynspesies, asook die beste geleentheid om die streek se ikoniese jagluiperd in vlugvoetige aksie te sien," skryf CNN Travel.
"Etosha Nasionale Park is ongetwyfeld die land se ster vir wildlewe, maar dit kan besig raak tydens die droë seisoen (van Julie tot September) wanneer groot wildkonsentrasies by die watergate is."
CNN Travel skryf bekostigbare kampe en goeie paaie maak Etosha een van die beste opsies vir selfry-safari's, en verligte watergate soos by Okaukeujo bied "'n ongelooflike geleentheid om leeus, hiënas en selfs swartrenosters snags te besigtig".
Vir eerste besoekers beveel CNN Travel die Skedelkus Nasionale Park aan, waarvan die naam van die baie skeepswrakke langs die spookagtige 500 km-strook van windverwaaide duine afkomstig is.
"Die skedelkus is nie 'n klassieke wildpark nie, maar bied die unieke geleentheid om kolonies van tot 100 000 robbe te sien, asook troppe migasie- woestyndiere."
Vir gesoute reisigers word die Zambezistreek aanbeveel, "wat 'n kombinasie van wild van Namibië, Zambië, Botswana en Zimbabwe bied, maar dit is 'n uitdagende safari wat liewer met 'n konvooi 4x4-voertuie aangepak moet word".
Die sewe ander nasionale parke in Afrika wat as die beste safaribestemmings deur dié aanlyn reistuiste aangewys is, is Serengeti Nasionale Park in Tanzanië, Kidepo-vallei Nasionale Park in Uganda, Hwange Nasionale Park in Zimbabwe, Samburu Nasionale Reservaat in Kenia, die Kalahari-woestyn in Botswana, Sud-Luangwa Nasionale Park en Kafue Nasionale Park in Zambië, en die Kruger Nasionale Park in Suid-Afrika.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie