Etosha-heining: ‘Sny middelman uit'
Pohamba Shifeta, minister "Deur ons eie personeellede en vrywillige werkers te gebruik, sal dit ons oor die volgende drie jaar minder as N$10 mijoen kos om die werk te doen."
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme gaan baie geld spaar deur die middelman uit te sny met die opgradering van die heining van die Etosha Nasionale Park.
Só het die minister, mnr. Pohamba Shifeta, Saterdag tydens die bekendstelling van dié inisiatief, asook die Vriende van Parke-program, by Onanke in Etosha gesê.
Die grensheining van Etosha is 824 km lank en loop deur die streke van Oshikoto, Oshana, Omusati en Kunene. Oor die afgelope vyf jaar is slegs 118 km opgegradeer.
"As ons voortgaan om private maatskappye of kontrakteurs vir die konstruksie van die wildheining te gebruik, gaan dit na beraming sowat N$700 per kilometer kos. Vir die 712 km van die heining, wat steeds uitstaande is, sal dit die regering sowat N$500 miljoen kos," het die minister verduidelik.
"Deur ons eie personeellede en vrywillige werkers te gebruik, sal dit ons oor die volgende drie jaar minder as N$10 mijoen kos om die werk te doen."
Die minister sê met die huidige begrotingstoekenning vir die opgradering van die heining, sou dit nog tien jaar of langer duur.
Shifeta het gesê die heining is so erg beskadig dat dit op sekere plekke nie eens meer bestaan nie. Dit het daartoe gelei dat vee van gemeenskappe, wat rondom die park woon, in die park wei, asook tot mens-dier-konflik.
"Dit sal 'n erge negatiewe impak hê met wild- en veesiektes wat sal voorkom en dit sal die land se beesuitvoere na Europa, Amerika en China in die weegskaal plaas. Wildstropery en mens-dier-konflik sal die hoogte inskiet," het hy bygevoeg.
Hy sê personeellede van die ministerie, boere en lede van naburige bewaringsgebiede sal oor 'n tydperk van drie jaar ingespan word en lede van vrywillige organisasies is welkom om te help.
Die Vriende van die Park-program is ook bekend gestel wat skenkers, die privaatsektor en ander rolspelers aanmoedig om betrokke by die ontwikkeling en bestuur van Namibië se nasionale parke en ander bewaringsgebiede te raak.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie