Ethiopiese vliegtuig met 157 aan boord stort neer
‘n Boeing 737 van Ethiopian Airlines het vanoggend onderwegvanaf Addis Ababa na Nairobi in Kenia neergestort.
Die Ethiopiese eerste minister, Abiy Ahmed, het in ‘n verklaring wat om elfuur uitgereik is bevestig vlug ET 302 was in ‘n ongeluk betrokke.
Hy het sy medelye met die families van die oorledenes betuig.
“Daar was na verneem word 149 passiers en agt bemanningslede aan boord. Ons is tans besig om dié besonderhede aan die hand van die passasiersmanifes vir die vlug te bevestig,” lui sy verklaring.
Hy sê “’n soek- en reddingsoperasie is onderweg en daar is geen bevestigde inligting oor oorlewendes of enige moontlike sterftes nie”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie