Ethel Pupkewitz sterf
Me. Ethel Pupkewitz (97), vrou van die ontslape Namibiese sakereus mnr. Harold Pupkewitz, het Sondag in die Paramount-versorgingsoord in die hoofstad gesterf.
Me. Ethel Evelyn Etta Meyerovich is op 31 Maart 1922 in Johannesburg gebore.
Die Pupkewitz-egpaar is in 1952 getroud en het in Windhoek gewoon. Harold het op 96-jarige ouderdom op 27 April 2012 aan ’n hartaaval in die hoofstad gesterf.
Sy vrou was baie nou by die Pupkewitz-stigting se gemeenskapswerk betrokke en word as ’n statige dame beskryf.
“Me. Pupkewitz het geglo geen kind moet honger gaan slaap of aan wanvoeding ly nie, daarom het die Ethel Pupkewitz-voedingskema haar baie na aan die hart gelê,” het ’n woordvoerder van die Pupkewitz-stigting gesê.
Sy word ook as ’n ondersteunende vrou en toegewyde moeder beskryf.
Op Republikein se Facebook-blad het lesers hul medelye betuig: “Hulle het diep spore in Namibië getrap en was van die land se boustene,” was van die kommentaar.
Wyle Ethel word oorleef deur haar seun, mnr. Tony Pupkewitz, en dogter, me. Meryl Barry, twee kleindogters, Andrea en Claire, wat in Engeland woon, en een agterkleinkind.
Volgens ’n woordvoerder van die Pupkewitz-stigting sal begrafnisreëlings eers bekend gemaak word sodra die twee kleindogters uit Engeland aankom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie