Eskom erken werknemers help Soweto krag steel
’n Werknemer het onthul hy help huishoudings wat nie hul kragrekeninge betaal nie om hul ligte steeds aan te hou.
Khulekani Magubane – Daphne Mokoena, Eskom se senior bestuurder vir bedrywighede en instandhouding, het Maandag erken dat sommige van die kragvoorsiener se werknemers krag aan huishoudings in Soweto verskaf al betaal hulle nie daarvoor nie.
’n Eskom-werknemer het aan Eyewitness News gesê hy help huishoudings in Soweto wat nie hul kragrekeninge betaal nie om steeds hul ligte aan te hou.
Hoewel Mokoena nie spesifiek na dié berig van Eyewitness News verwys het nie, het sy bevestig dat Eskom wel sukkel met werknemers wat hul posisie misbruik om huishoudings onwettig van krag te voorsien.
“Sommige van ons werknemers koppel kliënte onwettig aan die kragnetwerk,” het sy aan Fin24 gesê.
“Die meeste werknemers doen dit nie, en in die gevalle waar dit wel gebeur, is daar teen die betrokke werknemers opgetree.”
Huishoudings in Soweto skuld tans die kragvoorsiener meer as R17 miljard in onbetaalde kragrekeninge.
Tito Mboweni, minister van finansies, het verlede maand in sy begrotingsrede na die probleem van wanbetalings by staatsinstellings verwys. Hoewel hy nie Soweto by name genoem het nie, het hy gesê Suid-Afrikaners moet ’n kultuur skep waarin daar vir dienste betaal word.
“Om inkomste namens die staat in te samel is ’n onderliggend tot ons demokrasie en nasiebou,” het hy gesê. ‘Dit is ons plig om vir hierdie dienste te betaal, veral as ons dit kan bekostig.”
Mokoena sê twee werknemers wat onwettige kragtoevoer bewerkstellig het, is drie jaar gelede strafregtelik aangekla.
Albei is tans uit op parool.
“Die fasilitering van onwettige verbindings is ’n baie ernstige oortreding,” sê Mokoena. Enigiemand wat betrap word dat hulle onwettig krag aan huishoudings voorsien, sal afgedank word, sê sy.
“Ons sekerheidsafdeling sal verdere ondersoek instel en waar nodig, sal ’n strafregtelik ondersoek ingevolge die Wet op die Beskerming van Noodsaaklike Infrastruktuur volg.
“Hoewel onwettige verbindings streng gesproke nie ’n vorm van sabotasie is soos uiteengesit in dié wet nie, kom die gevolge op vandalisme neer,” sê sy.
“Sabotasie is hoofsaaklik wanneer mense substasies vandaliseer of kabels steel.
“Wanneer met verbindings gelol word, is dit nie noodwendig sabotasie nie. Maar as dit deur een van ons werknemers of enigiemand anders gedoen word wat nie veronderstel is om dit te doen nie, is dit onwettig.” – Fin24/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie