Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word
Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

Die minister van visserye en mariene hulpbronne het 'n nuwe visfabriek en kaai op Walvisbaai ingehuldig.
Leandrea Louw
Leandrea Louw



Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”.

Hy het hierdie waarskuwing tydens die inhuldiging van die Seagull-visfabriek, asook die nuwe Seafresh Fish-verwerkingsfabriek en 'n nuwe kaai by Tunacor op Walvisbaai verlede week gerig.

Die wêreldklas Seagull Fish Processors Limited-fabriek van N$44 miljoen is 'n gesamentlike onderneming tussen Merlus Fishing Limited en nege ander vismaatskappye, waarvan sewe nuut is. Seagull sal seekosprodukte verwerk, verpak en versprei.

Die Seafresh-visfabriek van N$25 miljoen verwerk inkvis na calamari en calamari-buise vir plaaslike en uitvoermarkte en is 'n gesamentlike onderneming tussen die Tunacor- en Corvima-groep se visvangregtehouers.

'n Bykomende N$20 miljoen is in 'n moderne ysvervaardigingsaanleg belê wat 135 ton ys per dag maak.

“Ek weet daar is diegene wat die verkoop van visvangkwotas wil bevorder en bang is vir die puntekaart, want hulle voldoen nie aan die regering se beleid oor waardetoevoeging nie. Al wat hulle wil doen, is om hul visvangkwotas te verkoop en geld te maak,” het Esau gesê.

“Hierdie kultuur moet stop. Ons sal nie visvangkwotas aan jou gee om te verkoop nie. Die puntekaart is deur die kabinet goedgekeur.”

Esau het gesê daar word op implementering gefokus en die kriteria sal dadelik sonder enige gunste toegepas word.

“Moenie na my toe kom en sê jy kan nie aan die kriteria voldoen en het meer tyd nodig om daarby aan te pas nie. Pas nóú aan,” het hy gemaan.

“As jy nie Namibiese eienaarskap in vaartuie het wat vroue, oorlogsveterane of die jeug insluit nie, pas dit aan voor die seisoen begin. Dit is die einde van die pad vir diegene wat nie in die afgelope 20 jaar in hierdie sektor belê het nie, en wat net handelaars van viskwotas was.”

Esau het gesê:“Aan die groot spelers wat al vir lank in die sektor is, die toekoms lê daarin om saam met ons nuwe aandeelhouers te werk, veral voorheen benadeelde Namibiërs. ”

Esau sê “ons kan nie winste wat ons in beleggings in hierdie sektor gemaak het en werksgeleenthede wat ons geskep het, opoffer om omstandighede toe te laat waar kwotas verkoop word en werksgeleenthede verlore gaan nie”.

Die Seagull-fabriek is 'n gesamentlike onderneming tussen Merlus Fishing, Abroma Fishing, Oryx Fishing, Helgoland Fishing, Ocean Gate Fishing, Osona Fishing, Ehanga Holdings, die Namibië Vissermanne-vereniging, Agatha Bay Fishing en die Namibië Ontwikkelingstrust.

“Dit is goed om te sien dat hierdie fabriek die huwelik tussen ­bestaande operateurs en nuwe eienaars van visvangregte in 2012 weerspieël. Hierdie tipe vennootskappe in die visserybedryf is veral voordelig, aangesien dit noodsaaklike vaardighede aan ­Namibiërs verleen, die verwerwing van ­kapitaal deur voorheen benadeelde gemeenskappe versterk en beleggers bevoordeel om toegang tot ons ­natuurlike hulpbronne te verseker,” het Esau gesê.

“Ons wil stabiele verhoudings sien. Hierdie verhoudings moet ook die stryd insluit vir die verbetering van die werks- en lewensomstandighede van alle personeel wat in die bedryf werk,” het Esau gesê.

Hy het bygevoeg hy is bewus van mense wat hierdie gesamentlike ondernemings “gedwonge huwelike” noem.

“Tensy jy in die besigheid van die verkoop van kwotas is en nie waarde toevoeg nie, hoort jy nie in hierdie bedryf nie. Jy moet waarde toevoeg; jy moet die regering help om sy ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Ons moet saamwerk en mense moet deel,” het die minister bygevoeg.

Die fabriek sal gemiddeld 30 metrieke ton rou vis in hoë gehalte verbruikersprodukte verwerk wat gereed is vir plaaslike en internasionale markte.

Dit sal ten minste 200 permanente werksgeleenthede vir Namibiërs skep, wat meestal uit huishoudings bestaan waar vroue aan die hoof is.

Die Seafresh-visfabriek sal 'n verdere 204 nuwe werksgeleenthede skep en 10 metrieke ton inkvis daagliks verwerk. Die nuwe kaai is teen 'n koste van N$35 miljoen gebou. Dit is 70 m lank en 16 m breed met ys en brandstofpype onder. Die Tunacor-groep verskaf tans 2 000 werksgeleenthede.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%