Eros se aanloopbaan opgeknap

Sal leefstyd met 2 tot 3 jaar verleng

12 August 2020 | Vervoer
Ronelle Rademeyer



Ofskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande gedoen word.

Die lewensduur van die aanloopbaan het reeds verstryk en dit is vol hobbels en slaggate.

Die Namibiese Lughawensmaat­skappy (NAC) sê die volskaalse ­rehabilitasie van die aanloopbaan, taxibaan en voorskoot sal na raming N$300 miljoen kos, maar daar is nie in hierdie stadium geld daarvoor ­beskikbaar nie.

Daarom behels projek Eros Airport Runway Holding Action, wat hierdie week afgeskop het, net ­remediërende siviele werke aan die aanloopbaan.

Na verwagting sal hierdie projek van N$23 miljoen teen die eerste week van Oktober 2020 voltooi wees.

Volgens die NAC se woordvoerder, mnr. Dan Kamati, is Otesa/Roadmark as die kontrakteurs aangestel.

Die projek word ten volle deur die sentrale regering gefinansier met NAC as die implementerings­vennoot, lui die verklaring.

“Hierdie remediërende werke is bedoel as 'n korttermynoplossing wat die aanloopbaan se leeftyd met ongeveer twee tot drie jaar sal verleng,” sê Kamati in die verklaring.

Die opknappingswerk sal nie die daaglikse bedrywighede van die lughawe belemmer nie, aangesien dit na-ure gedoen sal word.

Voor die projek afgeskop het, is daar daagliks inspeksies gedoen om gebiede te identifiseer wat ­onmiddellike onderhoud benodig en om te verseker dat die res veilig is vir gebruik.

“Lughawedienste word ­moontlik gemaak deur die generering van ­lug- en nie-lugvaartinkomste en dit het in duie gestort as gevolg van die ­reisverbod en die beperkings wat deur verskillende regerings te midde van die Covid-19-pandemie ingestel is,” sê die NAC.

Die Lughawensmaatskappy sê ondanks sy verlies aan inkomste is dit steeds sy plig om lughawedienste vir humanitêre, repatriasie- en vragoperasies te lewer, en hierdie aktiwiteite hou steeds aansienlike koste in.

Die koste verbonde aan niekernbedrywighede en diskresionêre uitgawes is verlaag, terwyl hy seker maak veilige lughawedienste word in hierdie onstuimige tye voort­gesit, sê die NAC.

[email protected]

Soortgelyk

 

Nog leerlinge, gevangenes toets positief vir Covid-19

6 ure gelede | Gesondheid

Uit die 13 nuwe gevalle van Covid-19 is vyf leerlinge van skole in die hoofstad en wel twee van die Montessori-kindertuin, een elk van die...

Woede kook oor by Ngoma

22 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Regeringsafgevaardigdes het laat Saterdagmiddag hul hande vol gehad om gemoedere by die Ngoma-grenspos te kalmeer toe ’n skare woedende inwoners uit die...

Totsiens, Shannon

22 ure gelede | Mense

Leandrea Louw op Walvisbaai – Roubeklaers het Saterdag in groot getalle opgedaag om finaal van me. Shannon Wasserfall (21) op Walvisbaai afskeid te neem.Sy is...

Nuwe ruimte vir naslaan, leer en lees

22 ure gelede | Geskiedenis

'n Splinternuwe mediategnologie-biblioteek is nou oop vir die publiek by die hoofkantoor van Namibia Media Holdings in Windhoek.Die herontwerpte argief is Vrydag amptelik in gebruik...

Vermoedelike reeksverkragter slaan weer toe

22 ure gelede | Misdaad

Kuskantoor – Die polisie in die Erongostreek ondersoek 'n voorval waar ’n aanvaller by ’n vrou (28) se huis in Walvisbaai ingebreek het, haar met...

Namibië se eerste Supra-vrou gekroon

22 ure gelede | Mense

Ná maande van intense mededinging is die 23-jarige Chanique Rabe Saterdagaand as die eerste Mej. Supranational Namibië bekroon. Saam met dié gesogte titel stap sy...

Antigeen-toetse vir reisigers na SA beskikbaar

22 ure gelede | Gesondheid

Antigeen-toetse om die coronavirus op te spoor, is volgens die Suid-Afrikaanse regering se inligtingsdiens (GCIS) by alle grensposte na die land beskikbaar.Dié toetse, wat van...

Regeringsbestuur: 'Prentjie lyk stroef'

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting 'n Herhaling van die Fishrot-skandaal, die beweerde grootskaalse kaping van Namibiese viskwotas wat die afgelope jaar opspraak wek en twee oudministers agter tralies...

Seun (5) met kanker se gesin vra hulp

22 ure gelede | Mense

Ester KamatiDie Labuschagne-gesin op Otjiwarongo het onlangs die ontstellende nuus ontvang dat die vyfjarige Zu-Andre kanker het. Die diagnose het gevolg nadat bloed vroeg...