Eros-lughawe opgeknap
Die ministerie van werke en vervoer het net onder N$4 miljard vir die 2017-’18-boekjaar begroot.
Catherine Sasman - Bykans N$1 miljard gaan in die 2017-’18-boekjaar bestee word om onder meer die aanloopbaan en rylaan van die Eros-lughawe op te knap.
Die minister van werke en vervoer, mnr. Alpheus !Naruseb, het tydens die motivering van sy begroting gesê die ministerie sal die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC) ondersteun in die verbetering van die lughawe aangesien toestande tans ‘n gevaar vir menselewens en lugvervoer kan inhou.
Hy het egter nie gesê presies hoeveel die opknapping van die lughawe gaan kos – die N$1 miljard sluit ook die instandhouding van 27 vliegvelde in staatsbesit in. Vir dié program is vir ‘n ontwikkelingsbegroting van N$286 miljoen voorsiening gemaak.
Dit behels die verskuiwing van die Opuwo-vliegveld en die rehabilitasie van die vliegveld op Katima Mulilo.
Vir die bou, opgradering en instandhouding van nasionale paaie (grond- en teerpaaie) vra die ministerie ‘n bedrag van meer as N$1,4 miljard.
!Naruseb het gesê die nasionale padinfrastruktuur moet aan veral landelike gemeenskappe toegang tot ekonomiese en sosiale sentrums gee en moet ook Namibië se hawens met buurlande en ander wêrelddele koppel.
Nóg ‘n groot beoogde uitgawe vir die ministerie is die voorsiening en opgradering van die land se spoornetwerk, waarvoor meer as N$1 miljard aangevra word.
!Naruseb het gesê dit word beoog vir die lê van nuwe spoorlyne, instandhouding en opgradering van en rehabilitasie aan bestaande spoorlyne, die verkryging van nuwe lokomotiewe en deurlopende voorrade (“rolling stock”), en om die bestuur van TransNamib te monitor en evalueer.
Die kontantkrisis het veroorsaak dat die ministerie nog ‘n allemintige N$700 miljoen aan verskaffers en kontrakteurs vir pad- en spoorwerke moet uitbetaal.
Die ministerie van finansies het vir bykans N$600 miljoen voorsiening gemaak om van hierdie skuld gedurende die 2017-’18-boekjaar te delg. Dit beteken ‘n tekort van N$121 miljoen om die totale skuld te vereffen.
‘n Bedrag van N$115 miljoen is gevra vir die instandhouding van staatsvoertuie, met inbegrip van instandhouding van politieke ampsdraers se motors.
!Naruseb het N$8 miljoen vir die administrasie van lugvervoer begroot. Vir die lugvervoer van die president, eerste minister, kabinetsministers, ander regeringslui sowel as buitelandse hoogwaardigheidsbekleërs, is N$31 miljoen begroot.
Die ministerie is ook verantwoordelik vir die regulering van vervoer. Hiervoor is N$66 miljoen begroot.
Die ministerie het N$40 miljoen vir meteorologiese dienste begroot, en vir die administrasie van die maritieme wetgewing is N$52 miljoen toegewys. Hierdie funksie behels die registrasie en lisensiëring van bote en seevaarders, veiligheids- en sekuriteitsaspekte, beheer van besoedeling aan see, en die koördinering van opsporing en redding ter see.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie