Erongo-toekoms steeds duister
Denver Kisting – Die regering het nog nie ’n besluit geneem oor die toekoms van die Erongostreek nie.
So sê dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, by navraag.
Dié streek is die afgelope week en ’n half opnuut in fase 1 van die noodtoestandmaatreëls om die verspreiding van die Covid-pandemie hok te slaan.
Dit behels ’n volslae grendeltydperk.
Inwoners mag net hul huise verlaat om noodsaaklike of kritieke dienste te lewer of te bekom.
Woensdagoggend het Shangula aan Republikein gesê: “Nog geen besluit nie. Té vroeg.”
Dié grendeltydperk vir Erongo sou na verwagting eerskomende Maandag om middernag ten einde loop.
[email protected]
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie