Erindi-transaksie in Tweya se hande

21 January 2020 | Ministeries
Ogone Tlhage



Die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, gaan 'n openbare beraadslagingsproses oor die beplande verkoop van die Erindi- private wildreservaat aan die Mexikaanse miljardêr, mnr. Alberto Baillères, lei.

Dié wildreservaat is al vyf jaar lank teen 'n bedrag van N$2 miljard in die mark.

Baillères het laas jaar kapsie gemaak teen die voorwaardes wat die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) vir die verkoop van die plaas gestel het.

Die hoofvoorwaarde vir die verkoopproses was dat geen werknemer vir 'n tydperk van vyf jaar afgelê kan word as gevolg van die transaksie nie.

Die plaas is 65 000 hektaar groot.

Die Staatskoerant het ook beslis sulke afleggings sluit nie vrywillige skeidingspakkette, bedankings, vrywillige vroeë aftredes en afleggings om spesifieke redes in nie.

'n Amptenaar van die ­ministerie sê Tweya sal eers lede van die publiek moet raadpleeg voor hy 'n finale besluit oor die beoogde verkoop van Erindi aan Baillères kan neem.

“Die minister moet 'n twee weke lange openbare beraadslagingsproses in die Staatskoerant lei,” het die amptenaar gesê.

“Hy het reeds 'n besluit geneem, maar dit is nog by die kontrak­opstellers.”

Me. Dina Gowases, NaCC-woordvoerder, het gesê die ­kommissie het reeds 'n besluit oor die kwessie geneem, en verdere werk aan die transaksie rus nou op die handelsministerie se skouers.

“Die kommissie se beslissing oor die Erindi-transaksie is deur die koper uitgedaag, wat formeel appèl aangeteken het by die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling. Ons beslissing is in die Staatskoerant gepubliseer. Die minister se besluit kan deur die toepaslike kantoor bevestig word,” het Gowases gesê.

 – [email protected]

Soortgelyk

 

Afrika en Namibië gereed coronavirussiekte (Covid-19)

2 ure gelede | Gesondheid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se noodgesondheidsbeampte vir Namibië, dr. Petrus Mhata, sê die organisasie beveel nie enige reis- en handelsbeperkings met China vir lande in Afrika...

Regbank kan nie alleen pa staan vir tydige geregtigheid,...

2 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Hoofregter Peter Shivute sê die publiek verwag ’n regstelsel wat geregtigheid spoedig en regverdig lewer.Hoewel die regbank hul bes doen om regverdigheid...

Fopnuus tydens die verkiesing

3 ure gelede | Politiek

Navorsers verbonde aan die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Frederico Links en me. Martha Nangolo, deel vanoggend hul bevindings oor fopnuus wat voor, tydens...

Verskeie staatskole in Windhoek sonder water, krag

5 ure gelede | Onderwys

Meer as tien staatskole in Windhoek is reeds vir dae sonder krag en water, nadat toevoer deur die munisipaliteit afgesny is. Die skole wat geraak...

Hardapkrane lóóp

5 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Watertoevoer in die besproeiingskanaal op die Hardapskema het reeds 05:00 vanoggend weer afgeskop. Dit volg nadat NamWater se uitvoerende hoof, mnr. Abraham...

‘Skaapdiefstal’ lei tot treurspel ...

14 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die beweerde diefstal van 30 skape by ’n bekende ruskamp buite Keetmanshoop het Maandag glo tot die dood van ’n vermeende skaapdief,...

’n Uitspansel vol belofte

14 ure gelede | In beeld

Mnr. Ettienne Rossouw het dié foto gistermiddag om 15:00 in Suid-Namib geneem en op die Facebook-blad “Namibië Reënval” gedeel. “Kyk hoe bou die wolke. Belowend!”...

Itula slyp sy tande opnuut

14 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Dae nadat die hooggeregshof beslis het Namibiërs keer nie terug stembus toe nie, het die voormalige onhafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula,...

Corona draai in parlement

14 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die Swapo-agterbanker en parlementslid me. Pendukeni Iivula-Ithana het gistermiddag die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, oor die...