Erge motplaag kasty Namibië

’n Kenner sê die uitbreking van peste en plae is te wagte ná die reën.
Elvira Hattingh
Gesub

Elvira Hattingh - Die erge motplaag wat Namibiese boere bykans oraloor die land lastig val, is moontlik dié van die Afrika-kommandowurm . Dit is ‘n ernstige pes wat in ‘n kort tydperk enorme skade aan weiding kan veroorsaak.

CropLife SA se dr. Gerhard Verdoorn doen ‘n beroep op boere om die situasie fyn te monitor. Hy het reeds die mot as dié van die Afrika-kommandowurm identifiseer, maar wag nog op ‘n tweede opinie van ‘n kollega.

“Boere sal moet sterk staan as dit by die Afrika-kommandowurm kom.

“Boonop is weerstoestande nou ideaal vir die peste om uit te broei met die warm tropiese, vogtige lug wat uit Wes-Afrika, die Kongo en Zaïre oor Suider-Afrika beweeg,” sê Verdoorn.

Verdoorn het vroeg verlede week ‘n oproep van mnr. Neels Badenhorst ontvang, wat naby Otjiwarongo boer, nadat die omgewing kwaai deur motte teen sononder lastig geval is. Badenhorst het foto’s vir identifikasie na Verdoorn gestuur.

“Ek het aanvanklik vermoed dit is dalk die herfskommandowurm se motte wat sowat twee jaar gelede in Namibië se mielieproduserende gebiede uitgebroei het, maar Badenhorst sê hierdie pes kom op die weiding voor.

“Dit lyk of dit die Afrika-kommandowurm is.

“Dit is ‘n baie ernstige pes wat groot skade aan jou veld kan aanrig. Dit teer hoofsaaklik op weiding en sal soms ook gewasse invaar,” sê Verdoorn.

Hy sê die Afrika-kommandowurm is endemies aan Suider-Afrika, maar die reën en vog help dat dit uitbroei.

“Terselfdertyd kan die herfskommandowurm ook weer uitbroei en boere met ‘n dubbele probleem laat waar een pes hul veld takel en die ander hul gewasse,” het hy gesê.

MONITOR SITUASIE

Verdoorn sê die uitbreking van peste en plae is te wagte ná die reën. Daar is egter genoeg omgewingsvriendelike produkte beskikbaar om die peste te beheer.

“Daar is gerugte dat Pandamatenga in Botswana ook onder ernstige mot- en wurmplae deurloop. Wanneer temperature hoog genoeg is ná die reën, broei hierdie peste uit en kan dit verwoesting saai,” het hy gesê. Daar is selfs vrese dat sprinkane kan uitbroei.

Verdoorn sê dit is baie belangrik dat boere hul veld noukeurig monitor. “As iemand my bel en sê daar loop reeds klomp wurms in hul veld, is dit te laat om op te tree. Boere moet uiters waaksaam wees.

“Teen sononder of so omstreeks 19:30 kan boere vir insekwolke uitkyk. Verder moet gewasse, blare en weiding ook vir eierpakkies dopgehou word.

Verdoorn sê boere is welkom om hom vir identifikasie, hulp en raad te kontak by +27 82 446 8946 of per e-pos by [email protected].

BOERE OOR MOTPLAE

Badenhorst het aan Republikein vertel die motplaag by Otjiwarongo was veral verlede Dinsdagaand besonders erg met “honderdduisende van die motte oral, maar teen Woensdag was daar heelwat minder van hulle.”

Verdoorn sê swerms motte kom lê eiers en wanneer hul getalle afneem, is dit die “stilte voor die storm” want dan is die eiers besig om uit te broei.

Intussen het boere van so ver as Tsumeb, Okahandja, Windhoek, Gobabis, Mariental, Aranos, Aroab, Maltahöhe en selfs by Swakopmund en Omaruru bevestig hulle loop erg onder motplae deur. Hulle word ook gekasty deur dieselfde vaalbruin mot waarvan Badenhorst foto’s vir Verdoorn aangestuur het.

Volgens ‘n inligtingstuk deur die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Graangewasse in Suid-Afrika kom die ergste uitbreke van die Afrika-kommandowurm tipies voor in seisoene waar laat somer reën geval het ná droogtetoestande.

Die mot is bruin van kleur met wit agtervlerke en kenmerkende donkerder patrone aan die voorvlerke, sê die Landbounavorsingsraad. Die larwe wat van die moteiers uitbroei en as die Afrika-kommandowurm bekend staan, kom swart voor met groen of geel strepe oor die lengte van die lyf en het ‘n kenmerkende V-vormige merk op die kop. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.52/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.35% | Zinc US$ 2 822.90/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP UP +0.18% | Platinum US$ 943.93/OZ UP +0.42% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.52/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.35% | Zinc US$ 2 822.90/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP UP +0.18% | Platinum US$ 943.93/OZ UP +0.42%