Erg verbrande liggaam in duine gevind
‘n Man wie se erg verbrande liggaam tussen die duine buite Walvisbaai gevind is, het Saterdagoggend in ‘n Windhoekse hospitaal aan sy brandwonde beswyk, berig ons kuskorrespondent Otis Finck.
Volgens speurhoofinspekteur Jacobus Viljoen, die waarnemende koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het omstanders Alex Salom (39) ontdek waar hy op die duine om sy lewe geveg het. Ná hy na ‘n hospitaal in die hawedorp geneem is, moes hy weens sy beserings na die hoofstad gehaas word.
‘n Nadoodse ondersoek sal na verwagting lig werp op wat tot die branddood gelei het, het Viljoen gesê. Die polisie-ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie