Erasmus se Maties op koers in Varsity-reeks
Erasmus se Maties op koers in Varsity-reeks

Erasmus se Maties op koers in Varsity-reeks

Die gewese kaptein van die Namibiese junior span geniet die leiersrol vir sy universiteitspan.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



As kaptein van Maties se eerste krieketspan is die Namibiese kolwer Gerhard Erasmus oorgehaal om sy span na sukses in die Varsity-bekertoernooi op Potchefstroom te lei.

Moeder Natuur het die afgelope naweek die laaste sê in die openingsronde gehad toe reënweer verhinder het dat enige spel in drie van die wedstryde moontlik was.

Een daarvan was die Universiteit van Stellenbosch se ontmoeting teen die Universiteit van die Wes-Kaap. Drie ligapunte is gevolglik aan elke span toegeken, asook vir die uitgereënde Tuks versus Pukke en UJ teen Madibaz.

Maties het gistermiddag egter terug op koers gekom met ’n oorwinning van agt paaltjies teen die Universiteit van Kaapstad, wat 134 as teiken gestel het.

Kaptein Erasmus was op 23 nie uit nie en het met sy 13de bal die wenlopie geslaan. Sy laaste vier balle was ’n ses, ’n leë bal en twee viere.

“Die Varsity Cup is ’n baie lekker toernooi van T20-wedstryde waarvan sommiges op SuperSport vertoon word. Met nog twee jaar oor van my studies sal ek graag een so toernooi vir my universiteit wil wen,” het Erasmus voor die begin van die toernooi aan Republikein gesê.

Die 23-jarige Jason Davidson, naatbouler vir die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (algemeen bekend as die Madibaz) is die enigste ander Namibiër wat in die toernooi betrokke is.

Wedstryde in die Varsitybeker word nog elke dag vandeesweek gespeel, voordat die halfeindstryde Saterdagoggend en die eindstryd later daardie aand beslis word.

Tuks is op soek na sy derde triomf in die derde bestaansjaar van die toernooi – maar het gisteroggend ’n skoknederlaag met agt paaltjies teen die UWK gely.

• Tydens die Nuwejaarstoets op Nuweland het Erasmus die eer te beurt geval om genooi te word om as een van die gasheerspan se ekstra veldwerkers gereed te wees. Suid-Afrika het Sri Lanka met 282 lopies verinneweer, met die snelbouler Kagiso Rabada (4/56 en 6/77) die speler van die wedstryd.

Erasmus was regstreeks by al die opwarmsessies vir veldwerk betrokke en al is hy gereeld rondgestuur om koeldrankies, handskoene of tegniese boodskappe aan te dra nie, was dit vir hom ’n gedenkwaardige geleentheid.

“Ek was met vakansie by die Oranjerivier saam met Jean Bredenkamp wat vir Boland speel. Die Proteas se bestuurder het toe Boland se afrigter, Johan Louw, gekontak om twee veldwerkers vir hom aan te stuur. Ek was die gelukkige een wat toe saam met Jean kon gaan.

“Die stelsels waarmee die Proteas se span bedryf word, is baie professioneel. Dit was baie werd om op te let hoe hulle met hul verrigtinge te werk gaan en hoe kalm hulle is,” sê hy.

Die 21-jarige Erasmus is ’n voormalige kaptein van die Namibiese span wat by die o.19 Wêreldbekertoernooi in aksie was. Hy het sy eersterangse debuut reeds in September 2011 gemaak.

Onlangs het hy die hoogste kolftelling nóg deur ’n Namibiër in die Sunfoil provinsiale driedagreeks behaal toe hy 192 teen KwaZulu-Natal Binneland op Walvisbaai geslaan het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057