Entstowwe beskerm wel teen variante

Kans vir hospitalisasie, sterftes verminder

21 July 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – AstraZeneca en Sinopharm wat tans in Namibië as entstowwe teen Covid-19 beskikbaar is, is volgens data van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) effektief om mense teen hospitalisasie en sterftes as gevolg van die beta- en deltavariant van die Covid-virus te beskerm.
Dit geld ook vir die Johnson & Johnson- entstof wat voor September in die land verwag word.
Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, verwys in die nuwe inentingsriglyne na die moontlikheid van die vorming van bloedklonte by die dosering van AstraZeneca en J&J. Volgens hom moet gesondheidswerkers mense oor dié uiters seldsame newe-effek in veral die ouderdomsgroep van 30 jaar en jonger inlig. Die newe-effek is volgens hom bevind in statistiek waar dit in een uit 250 000 vir AstraZeneca (30 jaar en jonger) en sewe uit een miljoen ingeënte vroue tussen die ouderdom van 18 en 49 jaar voorkom.
Die tydsverloop tussen die twee AstraZeneca-dosisse is nou van 12 na agt weke verminder, terwyl dit vir Sinopharm 21 tot 28 dae is. J&J se entstof is slegs een dosis.
Met verwysing na mense wat reeds Covid-19 gehad het, sê Nangombe volgens nuwe regulasies moet hulle eers volkome herstel en kan 14 dae ná isolasie vir die inenting gaan.

Dieselfde geld vir persone wat reeds een dosering gehad het en voor hul tweede spuit Covid-19 gehad het.
Hy maan die griepinspuiting moet nie op dieselfde dag as die entstof geneem word nie, met ten minste 14 dae wat tussen die twee spuite moet verloop.
Nangombe het beklemtoon nòg die antigeen of blitstoets nòg die polimerase-kettingreaksie (PCR)- toets sal ’n positiewe uitslag lewer nadat iemand teen Covid-19 ingeënt is. Dit is omdat die PCRtoets fokus op ’n aktiewe siekte en nie of die individu immuun is of nie. ’n Toets vir teenliggaampies kan egter wel ’n positiewe toets oplewer, omdat die serologietoets ’n persoon se blootstelling aan Covid-19 in die verlede toets.
Volgens hom kan persone met MIV/vigs, kanker en wie se immuniteit onderdruk is, wel vir ’n inenting teen Covid gaan.
Met verwysing na kanker geld dit egter nie vir gehospitaliseerde persone met akute leukemie of limfoomkanker wat aggressiewe chemoterapie ontvang nie.
Persone wie se leukemie in remissie is en besig is met instandhoudingschemoterapie kan wel later vir die inenting gaan. Persone met aplastiese bloedarmoede sowel as die wat globien-aanvullings kry, mag ook nie die entstof kry nie.
Persone wat wel die entstowwe kan kry, sluit in persone met onderliggende mediese toestande soos vetsug, hartsiektes, chroniese longsiekte, asma, harttoestande, lewersiekte, kanker en chroniese niersiektes. Vir swanger sowel as vroue wat borsvoed, is die entstowwe volgens Nangombe ook veilig.
Laasgenoemde word aangemoedig om nie op te hou borsvoed as hulle die entstof ontvang het nie.
Tans word net mense ouer as 18 jaar in Namibië teen Covid ingeënt, omdat bevind is jonger mense se kans om ernstig siek te word, is skraal.
Nangombe sê gesondheidswerkers hoef nie as roetine ’n persoon se bloeddruk te neem as hulle vir die inenting gaan nie. Sou die persoon se bloeddruk bo 180/120 wees en hy of sy tekens en simptome van orgaanversaking toon, moet die dosis nie toegedien word nie.
Volgens hom word die regulasies vir immuniserings in Namibië voortdurend en in pas met die jongste wetenskaplike data aangepas.
[email protected]

Soortgelyk

 

Hengari at the forefront of the youth agenda

2 ure gelede | Skole

Rivaldo Kavanga Hailing from Okakarara in the Otjozondjupa Region, Inna Koviao-Vetarere Hengari (25) is Namibia’s youngest elected parliamentarian. She currently leads the youth agenda...

For the love of reading

2 ure gelede | Onderwys

The Presidential Advisor on Youth Matters and Enterprise Development, Daisry Mathias, joined learners at Fidel Castro Primary School to mark 2021 National Readathon Week. Mathias...

New education act, regulations in final stages

2 ure gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der Walt The regulations adjacent to the new education act are in their final stages, according to the education inspector for...

Let’s talk about it

2 ure gelede | Skole

Monique Adams On Thursday, 2 September, the Office of the First Lady and One Economy Foundation facilitated an intergenerational dialogue with young people.This dialogue looked...

Jong skoonheid met 'n hart van goud

2 ure gelede | Skole

Mariselle Stofberg – Vir Chanique (Chani) Rabe wat onlangs as die nuwe Mej. Supranasionaal 2021 aangewys is, is haar passie vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling ’n...

Windhoek Hospitality and Culinary College introduces new programme

2 ure gelede | Onderwys

Desiree Gases The Windhoek Hospitality and Culinary College (WHCC) is introducing Namibia Training Authority’s (NTA) level two housekeeping, laundry and front office programme with an...

Following in my father’s footsteps

2 ure gelede | Skole

Amalia Cloete I am currently studying at the International Training College Lingua. I am doing an honours degree in human resource (HR) management, and this...

Pupkewitz Megabuild launches 2022 graduate programme

2 ure gelede | Onderwys

Wetumwene Shikage The Pupkewitz Megabuild Graduate Programme initiative is aimed at supporting newly graduated students to gain work experience, which will serve as an additional...

Rundu in die donker

9 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...