• Tuisblad
  • Sake
  • Entrepreneurs: Hier is die geleenthede vir 2017
Entrepreneurs: Hier is die geleenthede vir 2017
Entrepreneurs: Hier is die geleenthede vir 2017

Entrepreneurs: Hier is die geleenthede vir 2017

Estelle de Bruyn
Klein ondernemings het klippe gekou in 2016, maar in 2017 is daar sektore waar slim entrepreneurs 'n kans kan aangryp.

Tegnologie, kommunikasie en onderwys is groeisektore wat vanjaar dopgehou moet word, sê Christo Botes, woordvoerder van die 2017 Entrepreneur van die Jaar-kompetisie wat Business Partners en Sanlam aanbied.

“Dis nie net in sektore wat tradisioneel goed presteer in Suid-Afrika, soos toerisme, waar die geleenthede lê nie. Daar is besliste moontlikhede in ander minder tradisionele sektore met hope potensiaal vir entrepreneurs.”

Telekommunikasie is een van die sektore wat deesdae gedy, sê Botes.

“Daar gebeur op die oomblik baie in die telekommunikasiesektor met die nasionale uitbreiding van die veseloptiesenetwerk wat gedryf word deur die groeiende gebruik van toepassings wat bandwydte vereis.”

Dit het 'n magdom sakegeleenthede geskep – van die gebruik van kabels tot tegniese steundienste, sê Botes.

“Soos wat internetspoed toeneem, sien ons die integrasie van tegnologie, kommunikasie en vermaak om 'n hele nuwe bedryf te vorm wat die afgelope ruk werklik in Suid-Afrika veld gewen het en wat 'n groot groeipunt in die sektor verteenwoordig.”

Nog 'n bedryf wat groot potensiaal vir entrepreneurs bied, is die private onderwyssektor, volgens Botes.

“Internasionaal toon statistiek dat ongeveer 10% van alle skole privaat bedryf word. In Suid-Afrika is daar ongeveer 26 000 skole waarvan net sowat 1 600 privaat bedryf word.”

Daar is tans kapasiteit in die mark vir 'n verdere 1 000 private skole om binne die volgende paar jaar te open, meen Botes.

Hy voeg by dat die plaaslike vraag na private onderwys aan die groei is en daar is ook 'n toename in die getal entrepreneurs wat in hierdie veld inbeweeg.

“Benewens die feit dat dit 'n gebied is wat groot potensiaal vir winsgewendheid toon, is die onderwyssektor ook aantreklik wat maatskaplike en ekonomiese faktore betref. Ons land het 'n reusetekort aan mense met die regte vaardighede en dit kan net doeltreffend gepak word as gehalteonderwys meer geredelik beskikbaar is.”

Botes glo ook dat 2017 die jaar sal wees wanneer die sukkelende mynbou- en landbousektore 'n mate van herstel kan toon.

“Aan die einde van 2016 was daar 'n paar aanduidings dat die mynbousektor begin terugkom in die prentjie soos wat hulpbronpryse stabiliseer en, in sommige gevalle, selfs styg.”

Wat landbouvooruitsigte betref, word daar beter reënval voorspel vir die res van die somerseisoen en dit sal 'n welkome verandering wees vir 'n sektor wat in 2016 van sy droogste weerstoestande tot op hede beleef het, sê Botes.

Vir entrepreneurs wat in 2017 graag hul drome wil verwesenlik, het hy die volgende raad: “Eerstens, bly positief en moenie moed verloor nie. Moenie toelaat dat jou drome vertrap word omdat toestande uitdagend is nie.”

Dan raai hy nuwelinge ook aan om die leiding van gesoute entrepreneurs op te soek.

“Hulle kan jou help om nie dieselfde foute te begaan nie.”

Laastens moet enigeen wat 'n nuwe onderneming wil begin, sy huiswerk deeglik doen.

“Doen 'n noulettendheidsondersoek, maar moenie wag vir iemand anders om die ys te breek nie – dit raak al hoe moeiliker hoe meer mense 'n nuwe sektor betree.”

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.43 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.61/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.51/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 833.90/T DOWN -0.72% | Brent Crude Oil US$ 88.58/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 910.53/OZ DOWN -0.0059 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.43 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.61/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.51/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 833.90/T DOWN -0.72% | Brent Crude Oil US$ 88.58/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 910.53/OZ DOWN -0.0059