‘Ent en kry klaar’
Mnr. Kokkie Kok (82) het gister sy tweede dosis van die AstraZeneca-entstof ontvang. “Ek is bly ek het seker gemaak om hier uit te kom vir my tweede spuit. Ek het geen newe-effekte ná my eerste spuit gehad nie hoewel ek bietjie op my senuwees was. Nou is ek baie rustig. Ek kan nie glo mense wil nie hulself laat inent nie. Ent en kry klaar, dan kan jy rustig wees en dan is dit dit,” het hy gesê. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie