Elon Musk se twiet oor Tesla word ondersoek
Elon Musk se twiet oor Tesla word ondersoek

Elon Musk se twiet oor Tesla word ondersoek

Die Amerikaanse Securities and Exchange Commission (SEC) bekyk Elon Musk se twiet wat vandeesweek uitgestuur is oor ’n moontlike denotering van Tesla.

Die markowerheid sal probeer bepaal of Musk die waarheid gepraat het toe hy op Twitter gesê het hy het finansiering verkry om ander beleggers in Tesla uit te koop sodat die maatskappy gedenoteer kan word.

Dit kan een van die grootste transaksies van sy soort in die geskiedenis wees.

Tesla is op Nasdaq in New York genoteer.

The Wall Street Journal het Woensdag berig die SEC ondersoek die twiet om te bepaal of dit korrek is en hoekom Musk verkies het om dit op sosiale media bekend te maak en nie deur ’n amptelike verklaring aan beleggers nie.

Musk het op Twitter gesê hy oorweeg dit om Tesla in ’n private maatskappy te omskep en dat hy die finansiering daarvoor verkry het.

Hy sê hy beplan om US$420 per aandeel te betaal.

Dit het beleggers verras.

Die SEC het bepaal maatskappye kan sosiale media gebruik om wesenlike inligting bekend te maak wat moontlik die aandeelprys kan beïnvloed.

Regskenners waarsku dat Musk in die moeilikheid kan wees as dit onwaar is dat hy finansiering verkry het.

Ná die twiet het Tesla se aandeelprys 11% hoër gesluit.

REED HASTINGS RULE

Beleggers het gewonder of Musk die SEC se reëls oortree het en dit het regskenners laat skarrel om meer te leer oor ’n obskure SEC-besluit wat as die Reed Hastings Rule bekendstaan.

Die uitspraak van die SEC oor die gebruik van sosiale media om wesenlike inligting openbaar te maak het in Julie 2012 plaasgevind toe Reed Hastings, Netflix se uitvoerende hoof, op Facebook gesê het die gebruik van hul videodiens het vir die eerste keer die kerf van “1 miljard uur” verbygesteek. Die SEC het bepaal Hastings gaan nie vervolg word nie en het verklaar dat die meeste sosiale media “geskik” is vir die kommunikasie van inligting van ’n maatskappy solank beleggers in kennis gestel word daarvan en die toegang daartoe nie beperk is nie.

Musk het al voorheen Twitter gebruik om inligting oor sy maatskappye te kommunikeer.

“Om dit te kommunikeer as hy nie absoluut seker is hy het die finansiering verkry nie, kan op markmanipulasie neerkom,” sê Keith Higgens, ’n vennoot van Ropes & Gray, wat voorheen die hoof van die SEC se afdeling vir korporatiewe finansiering was.

GEEN KOMMENTAAR

Judith Burns, ’n woordvoerder van die SEC, wou nie kommentaar lewer nie.

Tesla het ook nie kommentaar gelewer nie.

Tesla het nie enige bronne vir die finansiering bekendgemaak nie.

Direkteure van Tesla het 24 uur ná die twiet gesê hulle is verlede week ingelig van Musk se plan. Dit het nog vrae oor ander SEC-reëls laat ontstaan.

Maatskappye is veronderstel om deur middel van ’n 8-K-vorm aandeelhouers van groot gebeure in te lig. Vir baie wesenlike gebeure het maatskappye vier werkdae om dié inligting bekend te maak.

“Die belangrike saak is of die inligting korrek is of nie,” sê Ira Matetsky, ’n vennoot van Ganfer & Shore in New York. Stephen Crimmins, ’n voormalige prokureur van SEC, wat nou ’n vennoot van Murphy & McGonigle is, meen dit het waarskynlik nie op markmanipulasie neergekom nie.

“Hy is ’n uitvoerende hoof wat positiewe dinge oor sy maatskappy sê en dat hy die vermoë het om ’n oorname na te jaag,” sê Crimmins.

Sommige regskenners sê daar is nie vorige voorbeelde van ’n uitvoerende hoof wat ’n stelling soos Musk s’n gemaak het terwyl die mark oop was nie.

“Dit is buitengewoon,” sê Paul Scrivano, ’n internasionale hoof van verkrygings en samesmeltings van Ropes & Gray.

“Ek is nie bewus van enige ander keer wat die stigter van ’n maatskappy van plan was om ’n openbare maatskappy te denoteer en dit op Twitter aangekondig het nie.” – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.93/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.93/OZ DOWN -0.0032