Elon Musk kap terug na SEC . . . op Twitter
Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, kan maar – net soos ’n ander Amerikaner – duidelik nie ophou om mense en instansies op Twitter te beledig nie.
Hy het pas weer die Securities and Exchange Commission (SEC) in Amerika op Twitter beledig.
Dit is minder as ’n week nadat hy met die SEC geskik het om ’n boete van $20 miljoen te betaal en om as die voorsitter van Tesla uit te tree.
Dit kom nadat hy in Augustus onverwags aangekondig het dat hy dit oorweeg om Tesla te denoteer.
Hy verwys in sy twiet na die SEC as die “Shortseller Enrichment Commission” en sê sarkasties verder dié instansie doen “uitstekende werk”.
Die skikkingsooreenkoms wat met die SEC gesluit is, is egter nie finaal nie.
Nie Tesla of die SEC wou kommentaar oor die twiet lewer nie.
Die maatskappy se aandeleprys het met 3,5% tot $272 op die Nasdaq in New York in na-uurse verhandeling gedaal.
Stephen Crimmins, ’n prokureur wat voorheen vir die SEC gewerk het en nou ’n vennoot by Murphy & McGonigle in New York is, sê ook dat daar gevolge vir Musk gaan wees oor dié twiet.
Volgens hom is die minste wat die SEC kan doen, om Musk se prokureur oor sy kliënt vas te vat.
“As hulle voel dat hy nie aan die vereistes van die ooreenkoms voldoen het nie, kan hulle teoreties gesproke die ooreenkoms herroep,” waarsku hy.
Een van die voorwaardes van die ooreenkoms was dat Tesla maatreëls in plek moes sit om beheer oor Musk se kommunikasie – insluitend sy twiets – uit te voer.
Just want to that the Shortseller Enrichment Commission is doing incredible work. And the name change is so on point!
— Elon Musk (@elonmusk) October 4, 2018
“Dit lyk of Elon nie gewillig is om die ooreenkoms te teken nie,” sê Gene Munster, besturende vennoot by die waagkapitaalfirma Loup Ventures in New York.
“Hy is nie vrygespreek dat hy niks verkeerd gedoen het nie, en dit pla hom. ’n Mens moet vra wat gaan in sy kop aan gegewe die feit dat hy die SEC spot,” sê Munster.
Van Musk se volgelinge op Twitter, soos Charles Elson, direkteur van die John L. Weinberg-sentrum vir korporatiewe bestuur by die Universiteit van Delaware, sê reguit die twiet “nooi net die SEC uit om die skikking te heroorweeg.
“Dit gaan dit baie moeiliker maak om onafhanklike direkteure na Tesla se direksie te lok.”
– Bloomberg verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie