Elke refleks ’n spesifieke doel
’n Kind ontwikkel as ’n geheel - liggaamlik, emosioneel, sosiaal, intellektueel en geestelik.
Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.
Vir elke refleks is daar ’n spesifieke doel. Mind Moves© boots hierdie primitiewe refleksbewegings na met die fokus op doeltreffende leer, verduidelik Rika Grové, Mind Moves-instrukteur.
“Mind Moves werk in ‘n baie spesifieke volgorde en daarvoor toets Mind Moves-instrukteurs eers die kinders se Mind Move Refleksprofiel, voordat ‘n tuisprogram gegee word om te volg. Die sukses van die program is in die daaglikse herhalings van die oefeninge,” sê Rika.
Die Mind Move Refleksprofiel Assessering word vanaf drie tot 18 jaar gedoen. Die Mind Dynamix Profiel, waartydens kinders se dominansieprofiel geassesseer word, word eers vanaf die ouderdom van ses jaar gedoen.
Die stigter van Mind Moves en BabaGim-instituut, dr. Melodie de Jager, skryf in haar boek Wikkel die brein wawyd wakker “’n kind ontwikkel as ’n geheel - liggaamlik, emosioneel, sosiaal, intellektueel en geestelik”.
Mind Moves fokus op die liggaamlike ontwikkeling en die implikasies wat dit vir die emosionele, sosiale en intellektuele ontwikkeling inhou.
Die doel van die program, verduidelik Rika, is om die verbindingsbedrading wat uit neurologiese bane bestaan en deel vorm van die sentrale senuweestelsel, na behore te ontwikkel met die oog daarop om die leerpotensiaal te ontsluit.
“Die uitkoms waarna ons met elke kliënt streef, is om leer en sodoende die lewe vir die kinders makliker te maak,” sê Rika.
“’n Voorbeeld is indien ‘n sekere refleks nog aktief is en tot refleksiewe bewegings lei, kan ‘n kind moontlik sukkel om sy middellyn te kruis, wat vaardighede soos skryf, fietsry en lees kan beïnvloed. Die doel is dus om hulle voor te berei om met selfvertroue die lewe aan te pak.”
Voorbeelde van ’n spesifieke oefening wat ouers kan gebruik, is onder meer die Mind Moves Antenna Versteller waartydens albei oorskulpe van bo na onder met sirkelbewegings gemasseer word. Dié oefening help met ouditiewe verwerking en persepsie.
*[email protected]; www.mindmoves.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie