Elke druppel tel steeds
Elke druppel tel steeds

Elke druppel tel steeds

As damme water kry word die aanvul van die akwifer ’n prioriteit.
Jana-Mari Smith
Gesub Jana-Mari Smith –

Die Windhoekse munisipaliteit is steeds bekommerd oor die stad se watervoorsieningsituasie vir 2020. Windhoekers kon nie daarin slaag om die waterbesparingsteiken te bereik wat in Mei verlede jaar ingestel is nie.

Die weeklikse teiken van 465 000 kubieke meter is meeste weke oorskry.

Die waterverbruik was die hoogste in Oktober en November toe die teiken in die week vanaf 14 Oktober met 12% oorskry is, en oor twee weke in November met 10%.

Die weeklikse teikens is net tydens die koeler maande van Julie, vir drie weke in Augustus, een week in September en een in Oktober bereik. Ook tydens die meeste van Desember en Januarie is die teiken bereik toe baie mense met vakansie was.

Aan die einde van Desember is 23% water bespaar en 15% in die eerste week van Januarie. Alhoewel waterbesparings in die week van 13 Januarie bereik is, het die algehele besparing met 3% afgeneem.

Daar is sedert 6 Mei laas jaar 17,5 miljoen kubieke meter water in Windhoek verbruik in plaas van die 17,2 miljoen kubieke meter waarvoor die stad beplan het.

Inwoners en besighede het, tussen Mei 2019 en Januarie 2020, 260 263 kubieke meter meer as die teiken verbruik.

“Sedert Mei was die algehele waterbesparing 13.5%, wat prysenswaardig is. Ongelukkig is dit nog steeds 1,5% meer as die teiken,” het die woordvoerder van die Windhoek-munisipaliteit, mnr. Harold Akwenye gesê.

“Die stad is bekommerd dat die teiken nie bereik is nie. Daar is nog geen definitiewe aanduidings dat ons voldoende bogrondse water vir 2020 sal kry nie,” het hy gewaarsku.

Akwenye het gesê dat die munisipaliteit bekommerd is oor die tekort aan bogrondse water wat by die damme invloei en die uitwerking van voortgesette onttrekking van water uit die akwifer.

In Mei verlede jaar het die stad aangekondig dat die meerderheid van die watertoevoer van die akwifer afkomstig sou wees.

Die akwifer sou in 39% van die stad se waterbehoeftes voorsien, in vergelyking met 35% van NamWater, en 26% van die herwinningsaanleg.

Die besparingsdoelwit van 15% is 'n belangrike deel van die strategie vir waterbestuur. Enige waterverbruik wat meer as die teikenverbruik van 465 000 kubieke meter per week is, word deur Windhoek-boorgate aangevul.

Volgens die munisipaliteit sal alle besparings die druk op die akwifer verminder. In September verlede jaar het die stad aangekondig dat die Windhoek-akwifer se watervlak tot 25% verminder is.

Akwenye het verduidelik dat die akwifer volgens die waterbestuursplan kunsmatig aangevul moet word wanneer die damme vol is, maar dit het nog nie sedert 2011 gebeur nie.

Die invloei in damme was minimaal ondanks sporadiese reënval wat verlede maand in die sentrale gebiede aangeteken is.

Volgens hom is die bietjie invloei wat die Omatakodam ontvang het genoeg om Windhoek vir vier tot vyf maande met water te voorsien. Dit is as al die water van díé dam na die Von Bachdam geskuif kon word.

As die damme wel gooie invloei ontvang sal die aanvul van die akwifer ’n prioriteit wees.

Vir die afsienbare toekoms bly kategorie D-waterbeperkings van krag.

Akwenye het Windhoekers aangemoedig om water spaarsamig te verbruik om te verseker dat die onttrekking uit die akwifer minimaal bly.

Hy het gesê Windhoekers word aangemoedig om 'n "slim leefstyl" aan te neem deur daaglikse tuisbestuurspraktyke te implementeer, insluitend gereelde watermeterlesings en te verseker dat die verbruik onder die teiken van 90 liter water per huismaat per dag bly.

Hy het inwoners weer versoek om onmiddellik waterlekkasies te isoleer en om dit vinnig te herstel. Waar moontlik, het hy gesê, moet inwoners dit oorweeg om waterdoeltreffende toilette te installeer wat waterverbruik met 50% kan verminder. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026