Elite hervestig, sê ontevrede aansoekers

Onsuksesvolle aansoekers is omgekrap oor die ministerie wat nie redes verskaf vir sy besluit oor grondtoekennings nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Redes vir die ministerie van grondhervorming se besluit om die plase Felseneck (nr. 26) en Okanatjikuma (nr. 26) aan die beslote korporasie Passions Culinary and Hospitality Institute CC toe te ken, is nooit aan die onsuksesvolle aansoekers vir hervorming gekommunikeer nie.

Die ombudsman, adv. John Walters, sê hy is tydens sy streekskonsultasies ter voorbereiding van die tweede nasionale grondkonferensie deur die onsuksesvolle aansoekers hieroor gekonfronteer.

Walters sê die minister van grondhervorming word deur wetgewing verplig om redes vir die toekenning van plaaseenhede vir hervestiging aan alle onsuksesvolle aansoekers te verskaf.

“Mense verstaan dikwels nie hul regte nie. Die wet bepaal die minister moet aansoekers skriftelik oor sy besluit inlig,” het Walters verlede week by navraag verduidelik.

Me. Sophia Basson, ‘n inwoner van Okahandja en eienaar van die onderneming Sobas Investments CC, is een van die onsuksesvolle aansoekers om dié grond wat haar klagtes aan die ombudsman en minister Utoni Nujoma gerig het.

Plaas Felseneck is vir die eerste keer in 2013 vir hervestiging geadverteer, maar is weens onbekende redes onttrek.

Toe dit in 2016 wéér geadverteer word, het Basson, wat uitgebreide ondervinding in die toerisme- en gasvryheidsbedryf het, aansoek gedoen om daar hervestig te word. Toe sy geen terugvoering van die grondhervormingskantoor in die Otjozondjupastreek ontvang nie, het sy haar tot Nujoma, die goewerneur van dié streek, mnr. Otto Ipinge, en selfs pres. Hage Geingob gewend.

Haar klagtes het ook by dié hoës op dowe ore geval. Volgens Basson was daar onregmatighede met die toekenning van die grond.

SPYSENIERS KRY PLAAS

Die 4 829,24 hektaar-plaas, wat sowat 45 km buite Okahandja aangrensend tot die Erindi- private natuurreservaat geleë is, is amptelik aan die onderneming Passions Culinary and Hospitality Institute CC toegeken.

Volgens die toekenningsbrief is die suksesvolle hervestigingskandidate van Passions Culinary me. Valerie Aron (30%) en mnre. Jona Levi (30%), Niklaas Steenkamp (20%) en Veripurua Katjatenja (20%).

Aron is die voormalige burgemeester van Okahandja wat na bewering noue bande met Nujoma het.

Levi is een van die glanspersoonlikhede in die plaaslike gasvryheidskontrak wat al verskeie spysenierskontrakte deur die regering losgeslaan het, en ook vir vyf jaar lank die restaurant by die parlement bedryf het.

Steenkamp was adjunkburgemeester van Okahandja in die tyd toe Aron burgemeester was.

Dokumentasie by die Sake- en Intellektuele Eiendomsowerheid (Bipa) toon Levi is die alleeneienaar en aandeelhouder van Passions Culinary.

Aktiviste van die Landless People’s Movement (LPM) voer aan dié onderneming is deur diegene in magsposisies gebruik om “elite” te hervestig.

Aron voer egter aan die eienaarskap van Passions Culinary is gewysig en dié beslote korporasie behoort nou aan vier lede.

Levi het dit beaam en sê hy het besef hy moet strategiese vennote betrek om vir die hervestiging op hierdie wildsplaas in aanmerking te kom. Dít nadat hy sedert 2011 onsuksesvol probeer het om dit te bekom.

Die wysiging van die ledebelang word egter nie in die rekords by Bipa weerspieël nie.

“Hoe kan ‘n spysenieringsonderneming ‘n plaas kry? Wat wil spyseniers met so ‘n groot stuk grond doen,” vra ‘n LPM-aktivis wat verkies om anoniem te bly.

Aron sê die plaas is aan Passions Culinary toegeken nadat hulle daarvoor aansoek gedoen het. Sy ontken haar vermeende bande met Nujoma het die toekenning beïnvloed.

“Wat my betref, is minister Nujoma ‘n nasionale leier en baie Namibiërs, insluitend myself, ken hom. Dit beteken nie ek is ‘n familievriend soos beweer word nie,” sê Aron.

Die toekenningsbrief bepaal die plaas mag net vir wildboerdery, jag en toeristebedrywighede gebruik word.

Levi sê die plan is om dit as ‘n wildsplaas te bedryf, asook ‘n skool vir opleiding in toerisme- en gasvryheidstudies daar op te rig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.10/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.90/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 911.13/OZ DOWN -0.0052 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.10/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.90/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 911.13/OZ DOWN -0.0052