Elisenheimrivier sleep motors weg

Slagoffer vertel van stryd teen rowwe rivierwater.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het.

Me. Rentia van der Watt was een voertuigeienaar gelukkig genoeg om darem gister weer haar Kia sportnutsvoertuig te kan opspoor, maar nie voordat sy ’n vreesaanjaende ervaring moes deurmaak nie. Sy en haar vriend mnr. Llewellyn Anthony is so byna saam met die voertuig weggespoel.

Sy vertel hulle het die aand by die restaurant gaan eet en het voor die perseel langs die rivier geparkeer. “Dit het toe al gereën en ons het gevra dat hulle (restaurantwerknemers) ’n oog hou. Van tyd tot tyd het Llewellyn gaan kyk en ek onthou hy het gaan kyk en gekom sê alles is reg.

“Net tien minute later het een van die werkers ingehardloop en gesê daar kom ’n vloed. Toe ons buite kom, was die water al so hoog soos die kar se deur, maar dit was donker en die rivierwater is bedrieglik sterk. Die nommerplaat het nog uitgesteek en Llewellyn het deur die water gestap kar toe, om te probeer uitry. Hy was omtrent by die kar, toe die rivier sy voete onder hom uit gesleep het,” sê sy.

“My kar was weg; die bakkie was weg,” vertel sy.

“Llewellyn het stroomaf begin gaan en ek het geskree, maar daar was niemand, toe spring ek maar self in. Gelukkig kon hy aan die rim (velling) van ’n Land Rover vasgryp en ek het sy voet beetgekry. So kon ons onsself optrek,” onthou sy.

Die Land Rover se deure was nie gesluit nie en hulle kon inkom voordat die eienaar van die instansie later met ’n stootskraper eers die kar gestut en toe na die oewerkant toe kon stoot, volgens haar.

Terwyl haar eie beserings nie erg was nie, ontvang Anthony mediese behandeling en sal hy ’n operasie moet ondergaan nadat hy sy knie beseer het, sê sy.

Sy sê dankie aan almal wat gehelp het, insluitend haar versekeringsmaatskappy wat vroeg Donderdag ’n soektog uit die lug na haar motor gereël het. Vriende het ook met die rivier langs gery en kon aan die ligte vliegtuig beduie toe hulle die voertuig opgespoor het.
“Die meeste goed wat in die kar was, is teruggekry. Dis seker die geluk by die ongeluk,” voeg sy by.

[email protected]

FOTO
Me Rentia van der Watt is dankbaar dat haar motor gevind is na dit Woensdagaand deur die Elisenheimrivier weggespoel is. Foto’s verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!