Elfjarige seuntjie verdrink
'n Elfjarige seuntjie het gister in 'n watergat by Karibib verdrink.
Volgens die Namibiese polisie was die oorledene 'n graad 6-leerling van die Ebenezer Primêre Skool waar hy in die koshuis was.
Na bewering het hy die koshuis sonder toestemming saam met sy vriende (tussen 9 en 15 jaar oud) verlaat om in die watergat sowat 'n kilometer nood van Karibib, te gaan swem.
“Die seun het na bewering in die watergat gespring nadat sy vriende aan hom gesê het om dit nie te doen nie. Hy het onder die water verdwyn en nie weer opgekom nie. Lede van die polisie het sy liggaam gevind," sê die polisie.
Die seun se liggaam is na die Usakos-staatshospitaal vir sy nadoodse ondersoek geneem.
Sy naasbestaandes is van sy dood ingelig en die ondersoek duur voort. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie