Elfjarige glo deur oupa verkrag

Twee dobbelmasjiene gesteel

20 July 2021 | Misdaad
Vier gevalle van verkragting is ingesluit in die polisie se nuutste misdaadverslag wat Sondag uitgereik is.

'n Seun van agt jaar is na bewering deur 'n 21-jarige ­verdagte, glo sy oom, in Omaruru se infor­mele nedersetting Hakahana verkrag. Die verdagte het glo seksuele omgang met die slagoffer in die kombuis gehad terwyl sy ouma in die slaapkamer was. Die voorval het op 26 Junie plaasgevind, maar is eers op 17 Julie by die polisie aangemeld nadat die slagoffer sy ouma daarvan vertel het. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

• In die Babylon-nedersetting in Wanaheda is 'n elfjarige meisie glo Vrydag deur 'n 69-jarige man, blykbaar haar oupa, verkrag. Die verdagte is in hegtenis geneem en sou na verwagting gister in die Katutura-landdroshof verskyn.

• 'n Sesjarige meisie is na bewering Woensdag omstreeks 18:00 in Windhoek deur 'n 25-jarige man verkrag. Beide die slagoffer en die verdagte woon in ­dieselfde woonstelgebou. Die ­verdagte is glo die slagoffer se niggie se kêrel. Die voorval is Vrydag ­aangemeld en die verdagte is in hegtenis geneem.

• Saterdag omstreeks 03:00 in die Damara-nedersetting in ­Katutura is 'n 17-jarige vroulike slagoffer glo deur haar ekskêrel verkrag. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.



DIEFSTAL EN INBRAKE

• Saterdag omstreeks 02:00 het die alarm glo by Furnmart in die Red Cross-winkelsentrum in ­Katutura afgegaan, waarna 'n sekuriteitsmaatskappy gereageer en gerapporteer het dat alles in orde was. Toe die bestuurder om 08:00 die winkel oopsluit, het hy besef daar was 'n inbraak. Die verdagtes het glo deur die dak ingebreek. Verskeie selfone en 'n skootrekenaar van 'n ­onbepaalde waarde is gesteel. Geen ­gesteelde eiendom is teruggevind nie en niemand is al in hegtenis geneem nie.

• Verdagtes het glo Saterdag op 'n onbekende tyd by die Dolly Mall Bar in die informele nedersetting Sky op Oshakati ingebreek deur die dak oop te knip en toe die kroeg se deur van binne af oop te maak. Twee Bergmann-dobbelmasjiene met 'n gesamentlike waarde van N$180 000 en 'n onbekende kontantbedrag is gesteel. Geen inhegtenisnemings is al gemaak nie en die gesteelde eiendom is nog nie teruggevind nie.



DWELMS

Donderdag is 'n 22-jarige man omstreeks 16:15 by die Swakopmund-polisiekantoor in hegtenis geneem nadat sewentien 20 gram-banksakkies dagga ter waarde van N$1 000 in sy besit gevind is. Die verdagte sou gister in die Swakopmund-landdroshof verskyn.

• Saterdag omstreeks 13:00 is 'n 23-jarige manlike ­verdagte tydens 'n polisieklopjag op Gibeon in hegtenis geneem nadat hy met 70 g dagga ter waarde van N$3 500 betrap is.

• Op Otjimbingwe is 'n man Saterdag omstreeks 19:00 in hegtenis geneem nadat 26 banksakkies dagga ter waarde van N$700 in sy besit gevind is. Die verdagte sou na verwagting gister in die landdroshof op Karibib verskyn.



VERMISTE PERSOON

Vrydag omstreeks 21:00 het mnr. Jose Aibeb glo uit sy woning in Lukas Nehoyastraat in Swakopmund se informele ­nedersetting Mondesa verdwyn en word ­sedertdien vermis. Hy het ligte gelaatstrekke en praat Khoekhoegowab. Hy is laas gesien in 'n grys jean en 'n grys sweetpak­baadjie. Hy het glo sy ma via SMS laat weet dat hy selfmoord gaan pleeg, en na bewering word Aibeb deur die polisie gesoek in verband met 'n diefstalsaak wat sy ma teen hom aanhangig gemaak het.



POGING TOT MOORD

Vrydag omstreeks 19:55 het die 21-jarige mnr. Simon Isaluta Nengola ernstige kopbeserings opgedoen toe 'n onbekende verdagte hom met 'n plastiese pikhandvatsel geslaan het. Die verdagte was na bewering dronk en het gedreig om die slagoffer met 'n mes te steek, waarna 'n onderonsie tussen die twee ontstaan het. Die slagoffer is na die Oshikuku-hospitaal geneem en later na die Oshakati-staatshospitaal oorgeplaas. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Soortgelyk

 

Hengari at the forefront of the youth agenda

4 ure gelede | Skole

Rivaldo Kavanga Hailing from Okakarara in the Otjozondjupa Region, Inna Koviao-Vetarere Hengari (25) is Namibia’s youngest elected parliamentarian. She currently leads the youth agenda...

For the love of reading

4 ure gelede | Onderwys

The Presidential Advisor on Youth Matters and Enterprise Development, Daisry Mathias, joined learners at Fidel Castro Primary School to mark 2021 National Readathon Week. Mathias...

New education act, regulations in final stages

4 ure gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der Walt The regulations adjacent to the new education act are in their final stages, according to the education inspector for...

Let’s talk about it

4 ure gelede | Skole

Monique Adams On Thursday, 2 September, the Office of the First Lady and One Economy Foundation facilitated an intergenerational dialogue with young people.This dialogue looked...

Jong skoonheid met 'n hart van goud

4 ure gelede | Skole

Mariselle Stofberg – Vir Chanique (Chani) Rabe wat onlangs as die nuwe Mej. Supranasionaal 2021 aangewys is, is haar passie vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling ’n...

Windhoek Hospitality and Culinary College introduces new programme

4 ure gelede | Onderwys

Desiree Gases The Windhoek Hospitality and Culinary College (WHCC) is introducing Namibia Training Authority’s (NTA) level two housekeeping, laundry and front office programme with an...

Following in my father’s footsteps

4 ure gelede | Skole

Amalia Cloete I am currently studying at the International Training College Lingua. I am doing an honours degree in human resource (HR) management, and this...

Pupkewitz Megabuild launches 2022 graduate programme

4 ure gelede | Onderwys

Wetumwene Shikage The Pupkewitz Megabuild Graduate Programme initiative is aimed at supporting newly graduated students to gain work experience, which will serve as an additional...

Rundu in die donker

10 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...