Elfjarige glo deur oom (48) verkrag
’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sou Maandag in die hof verskyn.
Nóg ’n minderjarige meisie is glo Vrydag verkrag. ’n Sewentienjarige meisie was om 18:00 in die Ashitata-nedersetting naby Tsandi op pad terug van ’n bruilof toe ’n 27-jarige man haar glo gegryp, in die bosse ingetrek en verkrag het. Die verdagte is in hegtenis geneem en sou Maandag in die Okahao-landdroshof verskyn.
In die Goreangab-nedersetting in die hoofstad is ’n paartjie glo Sondag om 06:00 deur ’n man met ’n vuurwapen aangehou, vasgebind en van N$1 900 se kontant en drie selfone beroof. Die verdagte het die vrou glo verkrag.
“Hy is ná die voorval deur lede van die publiek in hegtenis geneem wat sy voetspore gevolg het na ’n huis waar hy ook ingebreek het,” sê die polisie.
“Lede van die publiek het die verdagte aangerand en hy is in die Katutura-staatshospitaal onder polisiebewaking opgeneem.”
Die polisie het sy sinkhuis deursoek en verskeie gesteelde items soos matrasse, klere en skoene gevind.
“Lede van die publiek het hul gesteelde items geïdentifiseer wat glo reeds in Februarie gesteel is,” sê die polisie.
Die ondersoek duur voort.
Op Stampriet het ’n man wat op borgtog vrygelaat is weens die vermeende verkragting van sy dogter glo Sondag tussen 00:00 en 01:00 die huis van sy eksmeisie, wat ook die ma van sy dogter is, aan die brand gesteek.
Volgens die polisie het die huis in Macaronistraat tot op die grond afgebrand. Niemand is beseer nie, maar die huis se inhoud is vernietig.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sou Maandag in die landdroshof op Aranos verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie