Elf sterftes, 68 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met 11 tot 3 448. Gister is 68 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 5,2%. Dit sluit 13 leerlinge, vyf onderwysers, twee studente en een gesondheidswerker in. Tans is daar 1 268 aktiewe gevalle waarvan 125 in die hospitaal en 17 in die ICU is. Tot op hede het 234 418 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 145 110 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie