Elf dood op paaie

03 January 2020 | Ongelukke
Denver Kisting



Elf mense, van wie vyf onherkenbaar verbrand is, is die afgelope vier dae in padongelukke dood.

'n Polisiewoordvoerder, AO Immanuel Iiduwa, sê die polisie is tans besig om die vyf mense wat op Oujaarsdag onherkenbaar verbrand het, te probeer uitken.

Dié mense het op dié dag omstreeks 15:00 in die Onakalunga-nedersetting by Eenhana doodgebrand toe die voertuig waarin hulle passasiers was, omgeslaan en aan die brand geslaan het.

Iiduwa sê in dié stadium is inligting oor die oorledenes skraps.

“Die naasbestaandes is intussen (oor hul dood) ingelig, maar ons bevestig nog die name. Ons het net noemname en sommige voorname.”

Adj.komm. Amalia Gawanas, die Namibiese polisie se nasionale verkeershoof, het gesê sy wag ook nog op verdere inligting.

Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, was 16 mense van 'n bruilof in 'n bakkie op pad toe die ongeluk gebeur het.

Sy sê die linkeragterband het gebars waarná die bestuurder beheer verloor en die voertuig die pad verlaat het. “Daarna het die voertuig onmiddellik aan die brand geslaan en gevolglik het vyf mense onherkenbaar verbrand en die elf ander ligte tot ernstige beserings opgedoen.”

Vier van die oorlewendes is in 'n kritieke toestand en word in die staatshospitaal op Oshakati behandel, sê Shikwambi.

Die 34-jarige bestuurder was ongedeerd.

Luidens 'n polisieverslag is 'n man (49) in aanhouding nadat hy glo Dinsdag omstreeks 21:00 buite Rundu vier voetgangers raakgery het.

Drie van die mense is op die toneel dood, terwyl die vierde een later in die staatshospitaal op die dorp aan sy beserings beswyk het.

Die bestuurder het na bewering van die ongelukstoneel verdwyn en is later in hegtenis geneem.

Die oorledenes is mnr. Petrus Haingura (44), me. Muhafeni Haingura (38), die vyfjarige Phillip Haingura en Belindine Haingura (een).

Republikein verneem die oorledenes was 'n gesin.

Woensdag omstreeks 23:30 is mnr. Naftal Nghatanga (20) dood toe hy glo van 'n voertuig gespring en na sy dood geval het.

Hy was 'n passasier in 'n bakkie wat glo deur 'n ongelisensieerde bestuurder tussen Ondimbwa en Okambebe in die Omusatistreek bestuur is, sê die polisie.

'n Voetganger, me. Maria Michael (47), is Maandag tussen Omungwelume en Oshakati dood toe sy deur 'n voertuig raakgery is.

Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

6 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

6 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

6 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

6 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

6 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

6 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

6 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...