Elektriese motors gee dié minerale hupstoot
Die toenemende gebruik van elektriese motors gaan die vraag na minerale, insluitende koper en litium, ’n aansienlike hupstoot gee in die komende dekades, sê Ivan Glasenberg, uitvoerende hoof van Glencore.
“Die elektriesevoertuigrevolusie is aan die gebeur en die impak daarvan gaan waarskynlik vinniger gevoel word as wat verwag word,” het Glasenberg Dinsdag op ’n konferensie in Barcelona gesê.
Omtrent alle motorvervaardigers verhoog hul beleggings in elektriese voertuie te midde van regerings wat strenger regulasies oor uitlaatgasse bekend stel, het hy gesê.
Elektriese motors benodig meer koperbedrading as standaard-binnebrandenjins.
Volgens Glencore bevat die battery in ’n elektriese motor sowat 38 kg koper, 11 kg kobalt en 11 kg nikkel. Daardie materiaal, saam met mangaan, gaan voordeel trek uit die groter vraag na elektriese motors, sê Glasenberg.
Die vraag na batteryaangedrewe voertuie styg gedurig. Europese verkope van modelle wat alternatiewe brandstof gebruik, wat elektriese en hibriede motors insluit, het in die eerste kwartaal met 36% geklim tot 235 438, volgens die European Automobile Manufacturers’ Association. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie