El Niu00f1o sneuwel dalk
El Niu00f1o sneuwel dalk

El Niño sneuwel dalk

Weerkundiges meen dis baie waarskynlik dat Enso-toestande voorts neutraal sal wees, maar daar is ‘n nuwe kinkel in die kabel.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Namibiërs kan hulself staal teen heelwat meer koue weer in die volgende weke.

Terselfdertyd het weerkenners ook goeie nuus oor verswakkende El Niño-toestande.

Santam se landbouweerkundige in Bloemfontein, mnr. Johan van den Berg, sê El Niño-toestande sal na verwagting binne die volgende paar maande neutraliseer.

Sy voorspelling stem ooreen met dié van die Australiese regering se meteorologiekantoor, wat sy Enso-uitkykstatus vandeesmaand na onaktief verander het. Enso staan vir El Niño- Suidelike Ossilasieklimaatspatroon.Dié kantoor sê in ‘n verslag wat Dinsdag uitgereik is, die status is verander omdat die onmiddellike waarskynlikheid dat ‘n El Niño-verskynsel ontwikkel, nou verby is.Van den Berg het ook in Mei vanjaar verduidelik indien El Niño-toestande wel verswak, kan dit ‘n aanduiding wees dat ‘n natter reënvalsiklus na Suider-Afrika op pad is.“Dit lyk tans of koeler water nader aan die oppervlak van die Stille Oseaan begin beweeg, wat moontlik die verswakkende El Niño-toestande veroorsaak. Indien dit meer na neutraal beweeg, is dit goeie nuus vir reënval in die middel- tot laatsomer.“Onthou egter die volgende twee maande kan nog baie veranderinge meebring, want dit is wanneer dinge vinnig gebeur. Teen die lente sal dit meer stabiliseer,” het hy verduidelik.Van den Berg sê tans bedreig ‘n nuwe verwikkeling reënvooruitsigte vir Suider-Afrika. “Kommer heers dat die Indiese Oseaan nie wil saamspeel nie. “Die Indiese Oseaan-dipool (IOD) is tans in die positiewe fase, wat minder gunstig vir reënval is. Dit gaan egter heel moontlik nader aan die einde van die jaar na normaal terugkeer,” sê hy.

AANWYSERS OP NEUTRAAL

Die Australiese regering se meteorologie stem saam dat die moontlikheid van ‘n El Niño-verskynsel nie heeltemal vir 2019 uitgeskakel kan word nie, maar sê die kanse is nou die sterkste dat die tropiese Stille Oseaan in ‘n Enso-neutrale fase oor die komende maande bly. Tog is ‘n positiewe IOD ook slegte nuus vir Australië, omdat dit die waarskynlikheid van ‘n droër as normale winter en lente vir dié land vergroot. “Oseaniese en atmosferiese aanwysers staan nou op hoofsaaklik neutrale Enso-vlakke,” het die Australiese kantoor in hul jongste verslag gesê.

KOUE KOM

Van den Berg sê heelwat koue is binne die volgende weke te wagte, met kouefronte uit die Suidweste wat die Afrikavasteland volgens voorspellings gaan tref en koue lug daaragter invoer.

Van den Berg sê dis nie so maklik om te sê hóé koud dit gaan word nie.

“Dit is baie moeilik om akkuraat te voorspel wat temperature gaan wees, veral nagtemperature,” verduidelik hy.

“Daar kan ook verskille van tussen 5 °C of 6 °C binne ‘n klein gebied wees, afhangende van die topografie. Omdat koue lug swaarder as warm lug is, vorm daar sogenaamde rypholtes.

“Die koue lug dreineer na laer gebiede en versamel daar. Net ‘n paar meter verder kan ‘n hoërliggende gedeelte voorkom en temperature daal nie daar so laag nie,” het Van den Berg gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A