Ekspo fokus op plaaslike toerisme

Vir Namibiërs, deur Namibiërs

16 November 2020 | Gebeure
Francoise Steynberg



Local Tourism Is Lekker hou vanaf 1 tot 3 Desember 'n toerisme-ekspo met lekker spesiale aanbiedinge by Droombos buite Windhoek.

Volgens een van die stigterslede, mnr. Nrupesh Soni, is die doelwit van die ekspo om spesiale aanbiedinge vir plaas­like toeriste vir die komende vakansieseisoen bekend te stel.

“Dit gee Namibiërs die kans om van die wonderlike spesiale aanbiedinge gebruik te maak en dit is ook 'n geleentheid vir die plaaslike toerismebedryf om byeen te kom, te netwerk en strategieë vir samewerking te beplan,” sê Soni.

Local Tourism Is Lekker is op 17 Maart deur Soni van Facilit8 Namibia en me. Yvonne von Holtz van Magic Destinations gestig en later het mnre. Joseph Kafunda van Rafiki Tours en die voorsitter van die Vereniging vir Ontluikende Toerisme-organisasies en Heiko Dörgeloh van About Africa Tours, by hulle aangesluit.

“Die aanvanklike doelwit was om 'n sentrale punt vir toerismeverskaffers te bied om hul produkte en dienste ten toon te stel, asook vir Namibiërs om toegang te kry om ons pragtige land te ontdek en te ervaar,” sê Soni.

Hy sê binne die eerste maand het Local Tourism is Lekker 6 000 lede gehad en meer as 2 000 spesiale aanbiedinge is aangebied.

“Dit het plaaslike toerisme- en toermaatskappye 'n morele hupstoot tydens die Covid-19-pandemie gegee, asook 'n mate van volhoubaarheid in dié krisistyd.”

Sedert die stigting het die lidmaatskap volgens Soni tot 15 000 lede gegroei, met meer as 7 500 daaglikse aktiewe lede en meer as 7 500 spesiale aanbiedinge.

“Oor die algemeen het die inisiatief die gemiddelde akkommodasiebesetting tot meer as 10% laat styg wat laer sou wees weens die impak van Covid-19 op die toerismesektor wêreldwyd,” verduidelik Soni.

Hy sê die toerisme-ekspo op 1, 2 en 3 Desember gee die geleentheid aan die Namibiese toerismebedryf om hul plaas­like aanbiedinge vir die vakansie of vir die lang termyn aan plaaslike en streekreisigers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) ten toon te stel.

“Die doel is om die impak van die pandemie op die toerismebedryf te versag. Dit is 'n niewinsgewende geleentheid en alle maatskappy sal slegs 'n fooi van N$1 000 vir die drie dae betaal,” sê Soni.

“Die hooffokus is inklusiwiteit en plaas­like ondersteuning.”

Wat die toekoms van die Namibiese toerismebedryf betref, sê Soni “ons moet nuwe maniere en strategieë vind hoe om dinge te doen”.

Soni sê almal wat in die toerismebedryf is, is welkom by die ekspo “en deur die verskeie vennootskappe met ver­skillende toerismeverenigings hoop ons om steun en geleenthede aan die toerimebedryf van toergidse, voertuigverhuringsmaatskappye tot lodges en toer­operateurs te bied”.

Die netwerkgeleentheid vind op 2 Desember plaas en is oop vir bespreking oor die toekoms van toerisme.

[email protected]

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

5 ure gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

20 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

20 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

20 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

20 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

20 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

20 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

20 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...