Ekspo een groot pret-‘bonanza’

17 May 2019 | Kuns en vermaak
Dis weer daai tyd van die jaar wanneer die hele Namibië kragte saamsnoer om uit te haal en te wys.

Die gewilde Namibië Toerisme Ekspo vind vanjaar van 5 to 8 Junie by Windhoek se skougronde plaas.

Allerlei vermaak word by die geleentheid aangebied. Die nuwe What’s Cooking-area word onder meer bekend gestel, wat vir groot pret en plesier gaan sorg.

Plaaslike sjefs, asook sjefs uit die buurland, gaan die monde behoorlik laat water.

Sjef Lesley Jacobs, wat vanjaar weer na die Ekspo terugkeer, is die Food and Beverage Institute in Bloemfontein se programdirekteur, en is sedert 1997 aktief by die gasvryheidsbedryf betrokke.

Lesley het al by baie van die beste instellings in Suid-Afrika gewerk voor hy opleiding ontvang het.

Hy het ’n geweldige passie vir kos en opleiding, wat duidelik te sien is in sy talle kookdemonstrasies en lesse met sy ontspanne, maar insiggewende manier om sy gehoor iets te leer.

Tans speel Lesley ’n aktiewe rol as logistieke kombuisbestuurder in Suid-Afrika se nasionale kookspan.

“Ek is lief vir my werk,” sê hy.

Saam met Lesley gaan sjef Nicolas van der Walt, ook vanuit die buurland, die gehore aan die smul kry.

Nicolas het op die jong ouderdom van 12 in die kombuis begin eksperimenteer, en besef kookkuns is sy toekoms.

Hy het binne jare bekend geraak as een van die wêreld se belowendste sjefs deur aan talle kompetisies deel te neem en die kuns van gebak te bevorder deur ’n leier op die gebied van suiker- en sjokoladehandwerk te word.

Sy lewenstaak is om die kuns van gebak met almal te deel, so moet hom nie by die Namibië Toerisme Ekspo misloop nie.

Die What’s Cooking-area beloof om een van die groot trekpleisters by vanjaar se Ekspo te wees.

Alle bestanddele wat tydens kookprogramme gebruik word, word met trots deur Pick n Pay geborg.

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

10 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

10 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

10 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

10 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

10 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

10 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...