Ekonomie 'n prioriteit
Ekonomie 'n prioriteit

Ekonomie 'n prioriteit

‘n Ekonoom sê ‘n gesonde Namibiese ekonomie is onbetwisbaar.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – President Hage Geingob se opdrag aan ‘n hoëvlakpaneel vir die ekonomie (HLPE) bestaande uit 22 lede om ‘n belegging van US$1 miljard (sowat N$15 miljard teen die jongste wisselkoers) binne die volgende twee jaar na die land te bring, het die wenkbroue onder ekonomiese kenners laat lig wat die paneel se mandaat bevraagteken.

Die kenners is van mening die opdrag moet eerder deur ministeries, agentskappe en kantore hanteer word, ingesluit Namibiese ambassades oraloor die wêreld wat ‘n mandaat het om beleggings na die land te lok.

Met die aanstelling van die paneel op 4 April onder voorsitterskap van mnr. Johannes !Gawaxab is die indruk geskep dat dit slegs sal dien as ‘n presidensiële ekonomiese raadgewende raad wat gestig is as ‘n platform om samewerking tussen die regering, arbeid en die private sektor te versterk.

!Gawaxab het gesê dit is om die ekonomie ‘n hupstoot met die hulp van inisiatiewe gelei deur die private sektor te gee. Hy het voorts gesê die paneel is voorts opdrag gegee om “werksgeleenthede te skep, met voorstelle vorendag te kom en om bottelnekke te takel”.

Dié bottelnekke kan struktureel, wetgewend, regulerend of eenvoudig burokraties wees en wat die ekonomie vertraag.

Die paneel moet ook vorendag kom met voorstelle om Namibië as verkose beleggings- en toerismebestemming te bevorder en help om plaaslike en buitelandse beleggings in prioriteitsgebiede te lok.

Voorts moet dit die aanbied van vanjaar se beraad vir die oplewing van ekonomiese groei koördineer wat veronderstel is om aan die einde van Julie plaas te vind.

!Gawaxab het voorts gesê die paneel se taak is om ‘n “praktiese en feitegebaseerde strategie” te formuleer vir die herstrukturering en reoriëntering van die sinkende ekonomie vir groei en veral aan die kant van die private sektor om die trippel uitdagings van werkloosheid, armoede en ongelykheid te takel.

“Om dit te doen, is ons besig met die nougesette ontleding van bestaande ekonomiese beleidsrigtings en die ontleding van data en die regulerende omgewing. Ons kyk ook na die uitvoer van besigheid om bottelnekke te identifiseer wat die aantreklikheid van potensiële beleggings ondermyn,” het !Gawaxab gesê.

Hy het erken die mandaat vir ‘n vrywillige platform is baie breed, maar sê die paneel kenners het terme van verwysing as ‘n “taktiese program” wat “geweldig spesifiek” is.

“Dit komplementeer baie wat ander doen. Ja, daar is gebiede wat dit mekaar oorskry,” het hy gesê.

Die paneel se termyn sal tot einde Februarie aanstaande jaar strek, sou die huidige regering tot einde Maart aan diens wees. Teen dan moet die paneel sy finale voorstelle indien.

Die eerste stel voorstelle sal na verwagting die president tydens Junie bereik en die tweede in Augustus.

Sedert die instelling van die paneel het die subkomitees reeds meer as 35 vergaderings gehad. Die subkomitees hanteer beleidsrigtings en regulasies, waardetoevoeging, werkskepping, beleggings, die ekonomiese beraad en Namibië as handelsmerk.

Die subkomitees het reeds met banke vergader, rolspelers in die finansiële sektor wat banke uitsluit, die Namibiese Kamer van Koophandel, sakelui in Ondangwa, die regering se pensioenfonds (GIPF), die Kamer van Myne, jeuggroepe, arbeidsvakbonde wat by die Nasionale Unie vir Namibiese werkers (NUNW) ingelyf is, sowel as entrepreneurs. Die subkomitees beplan ook om met verskeie ministers, ministeries en uitvoerende direkteure te vergader.

!Gawaxab het voorts gesê die paneel se deure is oop vir enige menings uit alle hoeke van die land en almal “wat voel hulle kan ‘n bydrae lewer oor hoe die ekonomie opgelig kan word”.

Volgens hom is die lok van die belegging van US$1 miljard plaaslik en internasionaal oor die volgende twee jaar “doenbaar”.

Benewens konsultasies met plaaslike rolspelers sal die paneel in groepe van twee of drie verdeel om New York in September te besoek, en om beleggerskonferensies in Singapore en in Europe aan te bied waar twee of drie groot projekte wat op infrastruktuur fokus, voorgelê sal word.

!Gawaxab wou hom egter nie uitlaat oor hoe groot die projekte is nie.

“Ons probeer dit ontleed en dink wat die projekte behoort te wees.”

Die beraad sal plaaslik geborg word en sal hopelik 500 mense lok. Die doel is viervoudig, naamlik om US$500 miljoen in te samel, om eenstemmigheid onder Namibiërs te bereik oor hoe om werk te skep, burokratiese rompslomp te identifiseer en te takel en om plaaslik en internasionaal vertroue in die Namibiese ekonomie te skep.

“Die langtermynpotensiaal van Namibië is onbetwisbaar. Ons het ‘n ekonomie wat tussen 2010 en 2015 tussen 3% en 4% en 5% en 6% gegroei het,” het hy entoesiasties gesê.

Hy is egter van mening dat Namibië ‘n verdere ekonomiese insinking sal beleef wat vererger word deur die droogte en die bitter handelstwis tussen China en Amerika.

!Gawaxab sê die ekonomiese afname is gedeeltelik veroorsaak deur globale ontwikkelings en ‘n verlaging in Sacu-inkomste.

Plaaslik is die verlaging veroorsaak deur korrupsie, opgeblaasde in die openbare aankopingsprosesse, nie-aflewering of –implementering en vertragings op sommige openbare projekte wat die land baie duur te staan gekom het.

Wat voorts die land duur te staan gekom het, is volgens hom die oorbelegging in onproduktiewe infrastruktuur soos reuse regeringskantore en die onderbelegging in spoorweë, water-infrastruktuur en die energiebedryf.

“Ons gaan deur ‘n moeilike tyd. Ons staar baie ernstige kopwinde in die gesig, maar as Namibiërs moet ons nie hoop verloor nie. Dit is nie die einde van die wêreld nie. As daar geluister word na die werk wat ons doen en as ons prioriteit aan die ekonomie verleen, sal ons uit dit kom.”

Hy het voorts gesê sedert onafhanklikwording was daar ‘n oorbeklemtoning van politiek, maar is dit nou die tyd om voorkeur aan die ekonomie te gee.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026