Ek was nie paniekerig, sê Katrina
Die minister van basiese onderwys, kuns en kultuur het gister in die hof gesukkel om ‘opvallende’ ooreenkomste tussen staatsgetuies uit te wys.
Jemima Beukes – Daar was geen rede vir haar om paniekerig te raak en “rond te spring” toe sy van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se ondersoek na haar te hore kom nie, want die beskuldigings teen haar is ongegrond.
Só het me. Katrina Hanse-Himarwa, minister van onderwys, kuns en kultuur, gister met arms gevou onder kruisondervraging deur staatsadvokaat Ed Marondedze in Windhoek se hoërhof getuig.
Marondedze wou weet waarom sy geen stappe gedoen het toe sy van die beskuldigings teen haar uitgevind het nie.
Die minister het in die hof gesukkel om die “opvallende” ooreenkomste tussen staatsgetuies uit te wys, wat haar oortuig het die ACC was oorgehaal om haar onder verdenking te plaas.
Dié sogenaamde ooreenkomste tussen verklarings van staatsgetuies was die grondslag van haar verdediging.
Die staat het gister onder kruisondervraging gebreke in haar verdediging uitgewys.
“U het self gesê dit was waaroor almal gepraat het, en nou sê u dit was inkriminerend. Hoe kan dit inkriminerend wees as almal daaroor gepraat het?” het Marondedze gevra.
Hanse-Himarwa word daarvan beskuldig dat sy haar posisie misbruik het om familielede te bevoordeel deur opdrag te gee dat twee massabehuisingskema-begunstigdes, me. Regina Kuhlman en mnr Piet Fransman, weens hul politieke bande van die begunstigdelys verwyder word.
Hanse-Himarwa het gesê daar was geen rede vir haar om paniekerig te raak toe sy hoor die ACC ondersoek haar nie.
Sy’t aangevoer as destydse goewerneur van die Hardapstreek moes sy die name op die lys bestudeer.
Marondedze het voorgestel dít was omdat sy “diep in haar hart geweet het sy was die een wat dit gedoen het”.
“Jy het bewustelik besluit om nie ondersoek na die beskuldigings in te stel nie.”
Hanse-Himarwa het gesê: “Ek het bewustelik besluit om nie my tyd met beskuldigings te mors nie.”
Marondedze het gesê hy vind dit vreemd dat sy nie ondersoek ingestel het nie, veral omdat dit daartoe gelei het dat sy in hegtenis geneem is en voor die hof gedaag is.
Die minister het ook gesê sy het die beskuldigings nie met Hanse bespreek nie.
Marondedze het aangevoer sy en haar regsverteenwoordigers se stilte toe staatsgetuies hul getuienis gelewer het, was ’n aanduiding dat hulle met hul getuienis saamstem.
“Ek het verstaan ek mag nie praat nie,” het Hanse-Himarwa gesê.
Marondedze het gesê haar regsverteenwoordiger was veronderstel om namens haar te praat.
Sy het ook gesê mnr. Paul Nghiwilepo, Mariental se uitvoerende hoof, het haar in 2015 gekontak om te hoor of sy van die ACC-ondersoek bewus was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie