Ek het 'n plan vir Hardap
Ek het 'n plan vir Hardap
14 January 2021 | Menings
Willem de Wet skryf:
My huis sit reg in die middel van die teiken in die vloedvlakte by Mariental en hoewel ek saam bid vir goeie reëns, vra ek tog maar aan die einde dat dit so reën dat almal water kry maar dat Hardap net genoeg kry en nie meer nie.
'n Kenner oor die hidrologie en spesifiek die opvangs van die Hardapdam het eendag gesê: "Julle moet oppas waarvoor julle bid", want as die Hardap-opvangsgebied net soveel as 10 mm oor die totale opvangsgebied op een slag kry, dan het Mariental moeilikheid. So ek is tans n moeë man, want ek lê in die nag wakker en dink aan planne om my onderbroeke droog te probeer hou.
My plan is drievoudig en ek dink dit kan werk.
Eerstens grawe ons weerskante van die B1-hoofweg 20 meter breë en 2 meter diep slote en lê dit uit met beton om twee groot spoedaflope vir water weerskante van die pad te skep tot aan die suidekant van die dorp sodat water wat tot by die pad kom onbelemmerd kan wegvloei en onder die dorp kom waar dit hoort. Die water wat aan die oostekant van die dorp inkom, loop met die sloot aan die oostekant ook met spoed weg na suid. Oorbruggies sal nodig wees op plekke en voetganger oorgange en so aan maar dit gaan baie beter lyk as die loopgrawe en grond walle wat tans ons dorp soos n mynery laat lyk.
Tweedens begin ons 'n eie, nuwe Mariental-fabriek en 'n werkskeppingsprojek en ons maak Mariental groot. Ons sit ons werkloses aan om riete te kap en te lewer aan "Mariental Voere". Die rietkappers word per bondel of per kilogram betaal en privaatmanne van Mariental word ingekontrakteer om die riete te kollekteer en aan te ry na die voeraanleg by die tronk. By die tronk sit ons n voerverwerkingsaanleg op en die riete word deur die prisoniers verwerk na pille vir veevoer.
Terselfdertyd kap hulle prosopus af en daarvan word droppers, en houtskool gemaak en die jong lote gaan saam met die riete in die voerkuil in. Ons plot boerelewer al die hooi en afvalprodukte van hul oeste ook daar en dit maak deel van die mengsel.
Ons mense kry werk en onse skelms kan in hul dinktyd iets goeds verrig en hul sondes in iets goed investeer teen 'n loon aan die tronkowerheid wat dit weer in die fasiliteit kan aanwend. Die Mariental-veevoeraanleg verkoop deur Agra landswyd die byvoer en ons slaan op verskeie fronte nuwe bresse. Werk, voer, afset vir plotboere se afval en n oop rivierloop sonder riete en prosopisse.
En dan ten laaste moet n slim landmeter dalk kyk of daar nie twee klowe aan weerskante van die die plato aan die suidekant van die dam is wat uitgegrawe en met mekaar verbind kan word om n natuurlike/mensgemaakte oorloop oor die plato te skep wat op 80% kapasiteit, die water oor die plato kan laat oorvloei om aan die suidekant van die dorp weer in die rivier in te kom nie.
Al wat ek soek is geld, dan maak ek Mariental veilig en dan kan ek ook weer in reëntyd snags slaap en nie n briek in my reëngebed inbou nie.

Soortgelyk
Nege sterftes, 307 nuwe gevalle
10 ure gelede | Gesondheid
Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het
12 ure gelede | Howe
Eloïse bring dalk storms
17 ure gelede | Weer
Swakoppoortdam loop oor
1 dag gelede | Weer
Voorvaderlike eise: Alle grond benut
1 dag gelede |
Woestynrivier laat lóóp
1 dag gelede | Weer
Noorde: Té nat én té droog
1 dag gelede | Weer
Making the art of painting look easy
1 dag gelede | Mense
Shoprite steeds in die hof
1 dag gelede | Arbeid
Kleinadvertensies